Remember me | Lost Password?


7.73

14.15

11.37
jhb
27°
pta
30°
ct
16°
dbn
27°

‘n Lekker Verlang Liedjie – Laurika Rauch Track Listing
1 Winterure
2 'n Lekker Verlang Liedjie
3 Brêkfis in Bloemfontein
4 Waterval
5 Hier Tussen Ons
6 Skatkiskaart
7 Die Rolprent
8 Sê groete vir Triëst
9 Jy Kan My Kom Haal
10 Sê Dit
11 Blou Kafee
12 Nothing's Coming Out

Dit kan net Laurika wees wat aan lirieke soos “Met my oë op die wynland maar my hart in my keel hou ek op met die games wat ek speel” gestalte kan gee.
Review

Die Afrikaanse musiekspeelveld het heelwat oor die laaste twee of drie jaar verander. Daar’s nuwe kunstenaars wat soos ouer kunstenaars probeer klink. Daar’s ouer kunstenaars wat soos nuwe idole propbeer klink. Daar’s ander (mens kan hul nie noodwendig kunstenaars noem nie) wat skaamteloos net ander copy… van die klank tot die song to die hele vibe. En dan’s daar Laurika.

Uiteindelik verbreek Laurika die stilte met ‘n spiksplinternuwe uitreiking (ja daar was uitreikings van haar die laaste paar jaar, maar dit was hoofsaaklik maar versamelings van treffers). Wat ‘n wonderlike luisterervaring lê vir jou voor as jy hierdie CD aanskaf. Dis moeilik om te glo, maar 30 jaar het reeds verloop vandat “Kinders van die Wind” die aankoms van ‘n nuwe Afrikaanse ikon aangekondig het. In daardie 30 jaar het Laurika die een na die ander hit ingeryg… songs wat mens in ‘n tydkapsule kan toesluit om vir future generasies te speel as hulle wil hoor wat as klassieke Afrikaanse musiek bestempel kan word.

En nou in 2007, sit ons met ‘n vars baksel sulke songs. Die album skop af met “Winterure,” ‘n song wat sy die eerste keer in 1981 opgeneem het, maar omdat dit nie vrylik beskikbaar is nie en omdat dit een van haar man se gunstelinge is, het Laurika besluit om dit so bietjie van ‘n opkikkering te gee vir 2007. “Brêkfis in Bloemfontein” is die “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” of “Die Gang” van hierdie album. Dit kan net Laurika wees wat aan lirieke soos “Met my oë op die wynland maar my hart in my keel hou ek op met die games wat ek speel” gestalte kan gee. En as sy sing van die kafee in Mosselbaai op “Blou Kafee” sal jy sweer jy was al daar. En die titelsnit dra sy op aan al die mense wat hul tasse gepak het en terug huis toe verlang… die mense wat Mrs Balls en biltong en Liquifruit en Laurika mis…

Drie van Emile Minnie se buitengewone, maar toeganklike liedjies is ingesluit: “Waterval,” “Jy kan my kom haal” en “Sê Dit.” Laurika is duidelik in vervoering oor die skrywer se woordkuns en glo hy’s een van die land se bes bewaarde musiekgeheime.
Laurika wou klaarblyklik nog altyd ‘n album maak waarop die kitaar die sentrale instrument is. Te danke aan Juan Oosthuizen, Gideon Botes en Rixi Roman, kry.

Laurika se stem nuwe vlerke en gee dit die album ‘n besondere identiteit. Sy self verwys na die CD as haar Cat Stevens meets James Taylor album, met so bietjie John Mayer klanke bygegooi. Hoe dit ook al sy, dis steeds Laurika. En dankie daarvoor.


 


Alert - More tha you can imagine
GQuinn
Private Property - List Now, Save Thousands
Honda Menlyn
Koopkrag - Money Saver
Smartsell - the SMART approach to real estate
Time Saver Traffic
Sports Cage with Trevor Cramer
Jacaranda 94.2: Fresh Cut
Jacaranda 94.2 Street Busters
Loftus Rugby
Snap
Love Zone
Hit Play
Jacaranda 94.2 Satellite Studio @ Montecasino