Wie is Charlize Berg se verloofde nou eintlik?

Wie is Charlize Berg se verloofde nou eintlik?

Sangeres Charlize Berg het vroeër die jaar die goeie nuus van haar verlowing met aanhangers op Instagram gedeel. 

Warren Linden
Facebook

Charlize en haar verloofde, Warren Linden, is al meer as agt jaar 'n paartjie en op 16 September vanjaar het die twee verloof geraak.


"Na agt wonderlike jare kan ek met soveel blydskap en opgewondenheid aankondig dat ek uiteindelik my beste vriend, my ander helfde, die man van my drome gaan TROU! Warren Linden ek is so dankbaar dat God jou spesifiek vir my gemaak het," het Charlize op Facebook geskryf.


Charlize het aan Jacaranda FM News se MornéJK bevestig dat sy hard besig is om haar troue te beplan en dat hulle mekaar in April 2017 die ja-woord sal gee.

Warren Linden & Charlize Berg
Facebook

Wie is Warren Linden?


Warren is op 21 Desember 1992 gebore en het sy studies as argitek aan die Universiteit van Pretoria voltooi.


Volgens sy Facebook blad is hy tans werksaam by NDA Architects.


Hy is ook 'n kranige fiksheids geesdriftige en bring baie van sy tyd in die gymnasium deur.


Die sag-geaarde jong man met die lang aarbei-blond hare het Charlize se hart gesteel en wanneer mens na fotos kyk is dit nie moeilik om te sien hoekom nie.


Hier is nog 'n paar fotos:

Warre
Facebook
Warren Linden
Instagram
Warren Linden
Facebook
Warren Linden
Instagram

Show's Stories