GMA Festive Edition (JP van der Merwe)

GMA Festive Edition (JP van der Merwe)

Helping a partially sighted music teacher back on to the class room

GMA_Xmas-edition_-Header (1)_4.jpg

Request from:

Mariana Van Der Walt

 

Request for:

JP van der Merwe

 

Angel:

HRG Rennies Travel MD, Bronwyn Philipps along with Avis Rent-a-Car, our fabulous Festive Edition Sponsors

 

Sponsoring:

Rennies and Avis will donate R20 000 to help JP replace some of his musical instruments lost in the fire

 

Background:

BRINGING BACK THE MUSIC

JP van der Merwe is a young man with an enormous talent: he lives for music. He can play 36 instruments. What's more - JP doesn't keep this talent to himself. His passion is to share, so he teaches music to children. JP has never let his eyesight hold him back - he's partially sighted with 17% vision, but his music and the children are what he focusses on.  It's no wonder, that when disaster struck JP, that the people who know him tried all they could to help him. His home burned down, while he was out from an apparent electrical spike. His biggest concern is to replace his musical instruments, books and other material he uses to teach. Our Good Morning Festive Edition Sponsors, Rennies and Avis decided to help ... 

 

Original request:

Goeiemore 


In vanoggend se Beeld is daar 'n berig van 'n musiek onderwyser wat net 17% sig het. 

 

Hierdie man is my seun met leerprobleme se musiek onderwyser. JP inspireer die kinders so baie. Hy bly blymoedig. Hulle noem nie in die berig dat hy 35 instrumente kan speel nie. 

 

Ek wens so ek het die geld gehad om alles vir JP te vervang wat hy verloor het. Hy sukkel ook om versekering op sy instrumente te kry omdat hy hulle gereeld vervoer na al die plekke waar hy musiek gee. 

 

Indien julle na die video kyk sal julle sien die klein dogtertjie wat sing is maar 3 jaar oud. Mense sy kan die stem van begin tot einde sing voor 'n gehoor van omtrent 200 mense sonder om 'n oog te knip. Ek vra namens hierdie man wat nooit in sak en as gaan sit en nog steeds blymoedig met sy werk voorgaan dat julle dit dalk in julle harte sal vind om hom te help. Ek glo dit kan wees in die vorm van 'n versoek te rig aan julle luisteraars as hulle dalk instrumente wat in werkende orde is te skenk aan hom. JP het al soveel oorkom om te kom waar hy vandag is, miskien het hy net 'n klein stootjie nodig om weer op die been te kom. 

 

Vlamme verteer gedeeltelik blinde musiekonderwyser se besittings

 

’n Gedeeltelik blinde musiekonderwyser het byna al sy besittings en die meeste van sy instrumente in ’n verwoestende brand verloor wat “tussen beurtkragbeurte” weens vermoedelik ’n kortsluiting in sy huurhuis se dak ontstaan het.


“Ek het Saterdag vir die eerste keer uiting gegee aan hoe ek gevoel het. Ek het net ewe skielik begin huil,” het JP van der Merwe (30) vertel nadat sy lewe tussen beurtkragbeurte deur in vlamme opgegaan het.


 
“Kyk, musiek is vir my alles,” het die musiekonderwyser wat ook kuns en kultuur aan leerlinge van Cornerstone Christian School in Randfontein gee, gister vertel.

 

Van der Merwe het voorverlede Sondagaand by sy buurman past. Willie Smit van die Lighuis-bediening in Krugersdorp gekuier toe die brand in sy blyplek ontstaan het.

 

Van der Merwe, wat sedert geboorte net 17% sig in albei oë en het en hom sedert sy kleuterdae in musiek uitleef, kon nie verder as die digte rook sien hoe sy huis tot byna teen die grond afbrand nie.


 
Sy dwarsfluit, elektriese en akoestiese kitaar, baskitaar en elektriese klavier is saam met al sy ander aardse besittings verwoes. Sy tjello is ook erg beskadig.

 

Die brand het vermoedelik ontstaan kort nadat hy die huis verlaat het. Hy het sy selfoon in die muur geprop om te laai terwyl daar tussen die beurtkrag deur weer krag beskikbaar was.


Sowat 15 minute later het die geselskap by die pastoor se huis se huis geruik iets brand.


Van der Merwe huur die huis van die pastoor. Hy moes hoor die brand is in sy huis. ’n Kortsluiting in die dak het vermoedelik tot die brand gelei.


Van der Merwe moes die afgelope twee jaar teen ’n koste van R40 000 weer instrumente kry nadat sy vorige stel in Pretoria gesteel is.


Dit is baie sleg vir die man wat van musiek sy lewe maak.


“Ek sal maar van voor af moet begin,” het hy gesê.


Ondanks die reuse-verlies dra hy steeds sy liefde vir musiek aan sy leerlinge oor.

 

Show's Stories