KYK: Hoërskool Rustenburg koor laat hare rys met nuwe musiekvideo

KYK: Hoërskool Rustenburg koor laat hare rys met nuwe musiekvideo

Hoërskool Rustenburg se koor het weereens Suid-Afrikaners se hartsnare geroer met hulle weergawe van Mike + The Mechanics se 'The Living Years'. 

Hoërskool Rustenburg koor
Facebook/ Screenshot

Die Hoërskool Rustenburg koor het onlangs hulle eie weergawe van Mike + The Mechanics se 'The Living Years' vrygestel.

Die hoërskool-koor het die weergawe opgeneem en ook hulle eie musiekvideo geskiet vir die vrystelling van hulle weergawe. 

KYK: Rolanda Marais spog met nuwe pienkvoet

Op 'n Facebook-plasing het die skool die musiekvideo gedeel met 'n boodskap oor liefde en vrede. 

"Mag die Rustie-koor se weergawe van dié lied deur #MikeandtheMechanics jou in hierdie onseker tye herinner om liefde en vrede na te jaag en nie te skroom om te sê dat jy jou naastes liefhet nie." 

WATCH: Derek Watts shows off hilarious dance moves in new TV ad

Volgens Maroela Media, is die koor een van die skool se steunpilare. 

Marli Visser, Hoërskool Rustenburg se hoofmeisie en lid van die koor het aan Maroela Media gesê: "Ons is nie net 'n koor nie, ons is 'n uitvoerproduk."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories