Listen Live Upload

Dis hoe ons rol by die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees!

Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Mbombela (Nelspruit) rol vanjaar van 27 tot 30 Junie 

Vrydag

Rol die rooi tapyt uit vir feesgangers met ’n program propvol musiek, drama, kunsuitstallings en boekgesprekke.

Een van die hoogtepunte is beslis die JacarandaFM Konsert op die hoofverhoog. Wees daar op Vrydag, 29 Junie, en begin ’n feestelike naweek saam met Bok van Blerk, Elvis Blue, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Touch of Class, Martin Bester en Elandré Schwartz.

Toegangsgeld na die Innibos-feesterrein sluit tonne gratis vermaak in op vier kuierverhoë, die Cell C Boma Kuierteater met onder meer gratis kort toneelstukke, die Bosmôl-stalletjies waar vanjaar 76 splinternuwe stalletjies is met van kos tot kunsvlyt, en natuurlik die baie gewilde musiekkonserte elke aand om 18:00 op die Standard Bank-hoofverhoog.

Jacaranda FM sal ook uitsaai vanaf Innibos op 27 Junie so kom maak ‘n draai en sê hallo!

Bespreek jou kaartjies by Computicket

Show's Stories