Good Morning Angels: Mom’s big dream comes true for son
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Dina Koegelenberg from Mokopane is a super-mom
on a mission - to help her 18-year-old “miracle” son, Willem, qualify as a
firefighter.
BACKGROUND: Dina Koegelenberg from Mokopane is a super-mom on a mission: to help her 18-year old “miracle” son, Willem, qualify as a firefighter. Dina describes herself as a mom of three and granny of one, who along with her husband, Wentzel, work and live for their little family.
When Dina was just three years old, she started looking after her ill mother. “I could run a household at the age of five: cooking, laundry and ironing while looking after my mom and brother as my dad worked 18 hour days," says Dina. She fell pregnant and got married at the age of 18.
Willem is the youngest of three children, born 28 weeks after a difficult pregnancy. He had a leaking heart and under-developed lungs and Dina was told that he would not survive four days. He did and grew up to be a top athlete. “Willem is a fighter and a miracle child," says Dina.
Over the years, Dina lost both her parents, brother, and sister-in-law. Her eldest son, CJ, survived a heart attack at age 17. Through all this, Willem and his sister supported their parents and brother, and performed at their best at school.
Now, it’s Willem’s turn to pursue his dream of becoming a firefighter. And that’s why Dina reached out for assistance to Good Morning Angels. They have tried their best to raise the funds for Willem to complete the course, but they are still R15,500 short.
REQUEST FOR:
Willem Koegelenberg
ANGEL: Sybrand Bezuidenhout representing Goldwagen
SPONSORING: The Goldwagen team will assist Willem with R25,000 towards his course fees, travel, and study expenses to achieve his dream of qualifying as a firefighter!
ORIGINAL REQUEST:
Aan wie dit mag gaan,
Hiermee wil ek graag ‘n versoek lewer aan Good Morning Angels, ek wil vra of julle asb ons kan probeer help.
Ek is ‘n mamma van 3 pragtige kinders en ‘n ouma van een hier in Mokopane.
Ek, Dina Koegelenberg en my man Wentzel werk albei hard om ons kinders die beste te gee wat daar moontlik is, maar soms veral in vandag se tyd waar alles net duurder en duurder raak, is dit nie al dag moontlik nie.
Meer agtergrond:
My mammie was baie sieklik gewees. Vandat ek drie jaar oud was moes ek help om haar en my boetie te versorg. ‘n Kinderlewe was daar nie vir my nie. Teen die ouderdom van vyf-jaar kon ek ‘n huishouding redelik effektief bestuur, van kook tot stryk en wasgoed was. My pappie het 18 uur skofte meeste van die tyd gewerk en mammie was meeste van die tyd in die hospitaal. Ek het omgesien na my mammie, my boetie groot gekry en ook self skool klaar gemaak. ‘n Jaar na ek matriek geskryf het, het ek swanger geraak en getrou. Daar is drie pragtige kinders uit die huwelik gebore. My derde swangerskap was klein Willem. Dit was ‘n moeilike swangerskap en ek het van ag weke af gereeld ‘n dreigende miskraam gehad. Dit terwyl ek nog my mammie versorg, na twee toddlers omsien en my boetie op die pad hou. Willem is toe op 28 weke gebore met ‘n lek-hartjie en onderontwikkelde longetjies. Die dokters het vir my gesê hulle weet nie of die kind eers vier dae gaan lewe nie. Willem was 60 dae in die neo-natal ICU van die Mankweng Hospitaal. Willem het almal se wildste verwagtinge oortref en is ‘n gesonde kind vandag. Hy is altyd in die top 10 atlete van sy skool gewees. Hy is ‘n fighter en staan vir niks terug nie.My wonderwerk kind.
Ongelukkig is my mammie in 2007 oorlede en my pappie in 2011. Kort daarna is my boetie gediagnoseer met Multiple Sclerosis. Ek het hom ook versorg tot en met sy afsterwe. Drie maande na sy dood is sy vroutjie met borskanker gediagnoseer wat toe alreeds versprei het, ek het haar ook versorg met hulle vier kinders tot en met haar afsterwe. Ongelukkig was dit nie so beskore dat ek die kinders by my kon hou nie. Net so paar weke na haar afsterwe, kry Willem se ouer boetie, CJ ‘n hartaanval op die sportveld en ons stryd begin van vooraf. CJ word gediagnoseer met Marfan sindroom en Ankolysing Spondilitis, hy was 17 jaar oud. CJ was twee maande in die Steve Biko Hospitaal opgeem. Met die Here se Hand voltooi CJ sy matriekjaar suksesvol en is sy toestande tans onder beheer.
As gevolg van al hierdie dinge is ons finansieël geknak. Willem, CJ en Chardilize (my dogter) het elke tree saam met ons gestap. Hulle het soveel dinge opgeoffer, sodat ons die mense naby ons kan help. Nou is almal weg en daar is niemand na wie ons kan draai vir hulp nie. Geen ouers, boeties, sussies, oupas of oumas, ons gesin het net mekaar.
Willem het verlede jaar Graad 12 voltooi by Hoërskool Hans Strijdom. Willem is ook ‘n kraninge atleet en het al verskeie toekenings ontvang vir sy 800m en 1500m. Willem wil ‘n firefighter word. Willem is iemand wat altyd daarna strewe om ander mense te help, juis hoekom hy die droom het om ‘n firefighter te word.
Ons het al die inligting gekry van waar hy die kursus kan loop en hoe hy een kan word. Maar my mamma hart breek, want ons het nie die fondse om hom te kan stuur nie, ek probeer my beste oral waar ek kan om hulp te kry om my kind te kan stuur.
Ek wil graag my kind in die wêreld in stuur met iets agter sy naam en ek wil nie hê hy moet net nog ‘n statistiek word weens finansies wat ‘n probleem is nie. Daarom doen ek juis die versoek om te vra of jul asb dalk jul harte kan oop maak en ons kan help om ons seun te kry om sy droom te laat bewaarheid.
Die kursus is firefighter 1 & 2 en dan ook ‘n basiese EMS kursus.
Die kursus is 16 weke lank en dit vind in Delmas plaas.
Hy moet ook ‘n kode 10 bestuurderslisensie kry om dan as brandweerman te kan werk.
Ons kon darem al Willem se boeke in die hande kry, en die instrukteur van die kurses het Willem solank toegelaat op kampus.
Die betaling is dus ‘n groot dringendheid.
Die belangrikste nou is die R15,500 vir die kurses wat nog uitstaande is.
Ek hoop jul kan my mamma hart verstaan en saam jul harte oop maak en ons as gesin probeer help om ons seun se droom te help bewaarheid en om vir hom te kan help om ‘n beter toekoms te kry. Ons sal elke bydrae en hulp opreg waardeer.
Lekker dag verder
Groete
Dina Koegelenberg
Need help or assistance? Send us an e-mail at angels@jacarandafm.com
More from Jacaranda FM
Show's Stories
-
Into the New World': the K-pop song that became South Korea'
A cheerful song by one of the most successful K-pop girl groups has emer...
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
VIDEO: Lisa Kudrow shares sad admission about 'Friends' cast
The one where Lisa Kudrow, aka Phoebe Buffay, talks about Matthew Perry'...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago