LUISTER: André Klynsmith se aftreeplanne eindig in sy tragiese moord | True Crime SA - Die Afrikaanse Weergawe

LUISTER: André Klynsmith se aftreeplanne eindig in sy tragiese moord

André Klynsmith se hunkering na ’n droom aftrede saam met sy vrou het in sy tragiese moord geëindig, met ’n verstommende kinkel oor die ware moordenaar.

André Klynsmith (FOTO: instagram/truecrimesouthafrica)
André Klynsmith (FOTO: instagram/truecrimesouthafrica)

André Klynsmith het in 2016 afgetree met al sy planne in plek.

Hy het uiteindelik weer liefde gevind en daarna uitgesien om sy aftrede met sy nuwe vrou te deel, saam met haar te reis en rondtes gholf met vriende te geniet.

Wat André egter nie geweet het nie, was dat sy hunkering na ’n sorgvrye en liefdevolle aftrede teen hom gebruik sou word en hom sy lewe sou kos.

Luister hier:

André Klynsmith en Hanna Henning het hul verhouding in Mei 2016 aan die wêreld aangekondig, nadat hulle albei by Telkom afgetree het. 

Hulle het verloof geraak en Hanna het by André in sy woonstel in Bedfordview ingetrek, waar hy hul aftreejare beplan het. 

Daar was egter ’n doring in die vlees van hul verhouding – Hanna se seun, Juan, wat op heterdaad betrap is toe hy goedere uit die woonstel gesteel het. 

André het hom daarna belet om ooit weer sy voete in die woonstel te sit.

Hanna Henning (FOTO: instagram/truecrimesouthafrica)
Hanna Henning (FOTO: instagram/truecrimesouthafrica)
Juan Henning en Trisha Wolfaardt (FOTO: instagram/truecrimesouthafrica)
Juan Henning en Trisha Wolfaardt (FOTO: instagram/truecrimesouthafrica)

Juan het ’n geskiedenis van verslawing aan verbode middels gehad.

In April 2018 het ’n bekommerde Hanna vir André se suster gebel en gesê hy het nie ná ’n dag op die gholfbaan teruggekom huis toe nie. 

André se liggaam is later in sy bakkie gevind - hy is erg aangerand en met ’n mes in die nek gesteek. 

Die polisie-ondersoek kon aanvanklik geen leidrade vind oor presies wat met hom gebeur het of wie hom vermoor het nie. 

Dit was totdat ’n jong man se gewete hom begin pla en hy uiteindelik bely het dat hy deel was van die groep wat André in sy woonstel vermoor het. 

Die meesterbrein agter André se moord sou die uiterste verraad ontbloot – sy eie verloofde, Hanna.

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe S04 banner
jacarandafm.com

Luister na die vorige episodes hier:

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is ‘n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op Jacpod.

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa. 

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Nicole Engelbrecht 2024 bio photo
Nicole Engelbrecht (Foto: Verskaf)

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.

Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.

'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.

Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:

MORE ON JACARANDA FM


Show's Stories