LUISTER: Die dwelm duiwel op die skip se dek | True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe
Updated | By Gerda de Sousa & Nicole Engelbrecht
In Maart 2021, is een van
die grootste dwelm slagte in die land geslaan tydens 'n klopjag op 'n skip in Saldanhabaai-hawe.
Aanboord die Windward, het die polisie nie net afgekom op meer as R500 miljoen se pure kokaïene nie, maar het ook 'n internasionale misdaad groep se dwelm roete oopgekrap. Dié episode gaan oor die saak wat ontvou het van mensehandel, dwelmhandel en die luukse lewens van 'n groep buitelanders.
Luister na dié episode hier:
Ons hoor al hoe meer van reuse dwelm operasies wat deur die polisie ontbloot word, met die kwantiteit van dwelms wat gekonfiskeer word al hoe meer en die straatwaarde al hoe groter.
In Kaapstad, het die hofsaak van 'n groep buitelanders wat op die Windward gekry is, die land 'n kans gegee om ook te kan verstaan wat dit vat om die dwelmhandelaars op heterdaad te betrap.
Dit is wat gebeur het toe 10 buitelanders op die aand van 1 Maart 2021 op die vragskip, die Windward, betrap is kort nadat 'n reuse besending dwelms op die oop see op die skip gelaai is.
Dit was nie lank nie voor dit duidelik geword het dat hierdie nie net 'n saak was van dwelmhandel nie, maar baie dieper strek in die onderwêreld van georganiseerde misdaad.
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n bekroonde Afrikaanse potgooi-reeks, eksklusief op Jacpod.
Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.
Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.
Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa.
Luister na al die vorige episodes hier:
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde 'True Crime South Africa'-reeks.
Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.
Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.
'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die podgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.
Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.
Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.
Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.
Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:
Show's Stories
-
VIDEO: CEO admits to using drugs in Christmas party pep talk
A video of the bizarre interaction has gone viral.
The Drive with Rob & Roz 7 minutes ago -
Lighthearted humour at the traffic light
It's always a plus to experience some traffic light humour, so why not p...
The Workzone with Alex Jay 4 hours ago