Luister: Die Ponzi-slenter van Craig Warriner
Updated | By Gerda de Sousa
Craig Warriner se glansryke beleggingsryk het in 'n skokkende Ponzi-skema ontaard en duisende Suid-Afrikaners se spaargeld oornag uitgewis.
Die BHI Trust het in 2023 soos ’n huis van kaarte inmekaar getuimel en ’n Ponzi-skema aan die lig gebring waarin meeste van die beleggers alles verloor het.
Craig Warriner is eens beskou as ’n gerespekteerde en betroubare belegger wat vir jare lank die geld van miljoenêrs, sowel as gewone Suid-Afrikaners, belê en help groei het.
Dit het alles verander een oggend in Oktober 2023 toe die beleggingsballon gebars en die slenter aan die lig gekom het.
Derduisende mense se maandelikse dividende het deel geblyk te wees van dié reuse misdaad en hulle lewens en toekoms is vir ewig deur die BHI Trust geraak.
Luister hier:
Craig Warriner was vasberade om 'n sukses van sy lewe te maak toe hy sy skoolloopbaan by die gesogte St Stithians in Sandton voltooi het.
Hy het 'n aanleg vir die finansiële sektor gehad en het begin handel dryf in aandele.
Dit was nie lank nie voordat Warriner sy besigheid, die BHI Trust, gestig en vinnig beleggings van welgestelde Suid-Afrikaners gelok het.
Met hierdie fondse het hy begin handel dryf, en in hulle maandelikse state het sy kliënte gesien hoe hul geld groei.
Die woord het begin versprei dat Warriner 'n betroubare beleggingsmaatskappy bestuur, en gevolglik het gewone Suid-Afrikaners ook by hom begin belê.
Sommige het selfs hul huise verkoop sodat hulle ’n groot bedrag kon belê vir hul oudag.
Die maandelikse state wat hulle ontvang het, het egter nie die waarheid weerspieël nie: dit was in werklikheid 'n Ponzi-skema.
In 2023 het die hele huis van kaarte inmekaar getuimel.
Hoewel Warriner geen geweld gebruik het nie, was sy misdade net so verwoestend, want sommige van sy beleggers het oornag uitgevind dat hulle finansiële toekoms en aftree spaargeld heeltemal uitgewis is.
Warriner het homself aan die polisie oorgegee en daarop aangedring om tronkstraf te kry, maar selfs dit was moontlik net nog 'n geval van kul-hier en kul-daar.
Luister na al die vorige episodes:
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n bekroonde Afrikaanse potgooi-reeks, eksklusief op Jadpod.
Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.
Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.
Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa.
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa-reeks.
Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooiskepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.
Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.
'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.
Nicole se eerste misdaadsboek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story', is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.
Nicole werk ook saam met TV-produksiematskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaaddokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.
Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.
Luister na die bekroonde Engelse-reeks, hieronder:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
WATCH: Panic after tiger jumps into audience during circus performance
Having wild animals doing tricks for people’s amusement could be dangerous…
Breakfast with Martin Bester 45 minutes ago -
It's a family affair: The Goliaths are ready to be the hosts with the most
Kate, Donovan, Nicholas, and Jason Goliath have combined forces and togeth…
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago