LUISTER: Die grusame-moord op Taliep Petersen | True Crime SA – die Afrikaanse weergawe

LUISTER: Die grusame-moord op Taliep Petersen

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe begin 'n nuwe seisoen met die ware misdaadverhaal oor die moord op die talentvolle Taliep Petersen.

Taliep Petersen
Taliep Petersen (FOTO: facebook.com/a'eesha petersen)

Die eerste episode van Seisoen 4 vertel die verhaal van die moord op een van die land se helderste sterre, Taliep Petersen.

Taliep Petersen het gehore betower en saamgebring met sy lirieke en musiek, maar is op die mees gewelddadige manier op Nasionale Dag van Versoening vermoor.

Sy moord op 16 Desember 2006 was nie net 'n geweldsmisdaad nie, dit was 'n daad van die hoogste verraad.

Luister hier:

Taliep Petersen het die Suid-Afrikaanse musiek- en teaterbedryf laat skitter op van die grootste en mees gesogte teaters in die wêreld. Terwyl die verwikkelinge skokgolwe deur die land en die wêreld gestuur het, het die daaropvolgende verhoor onthul wat daartoe bygedra het dat Taliep en Najwa se huwelik op 'n baie donker pad van mishandeling, manipulering, en 'n vorige poging tot moord was.

Dié saak het die gordyn gelig op 'n hartseer verhaal waar die man die slagoffer was van huishoudelike mishandeling. Hierdie man van Kaapstad het die unieke talent gehad om die ryk geskiedenis van die Moederstad en Suid-Afrika as geheel in musiekblyspele te omskep, wat hom toekennings besorg het en roem gebring het.

Hy was ook 'n pa en 'n getroue man aan sy tweede vrou, Najwa, toe hy in Desember 2006 tydens 'n skokkende moord tragies in sy eie slaapkamer doodgeskiet is.

Wat aanvanklik as 'n gewelddadige huisroof ondersoek is, het egter gou ontaard in 'n polisieondersoek wat 'n angswekkende slotsom sou hê. Sy vrou, Najwa, is in hegtenis geneem as die meesterbrein agter hierdie moord.

Taliep Petersen and daughter A'eesha
Taliep Petersen en dogter A'eesha (FOTO: Facebook.com/a'eesha petersen)
Taliep Petersen receiving honory membership of Cape Town posthumously
Taliep Petersen word in postuum as ereburger van Kaapstad aangewys (FOTO: www.inboundsa.com)

Terwyl hierdie verwikkelinge skokgolwe deur die land en die wêreld sou stuur, het die daaropvolgende verhoor onthul wat bygedra het tot die donker pad waarop Taliep en Najwa se huwelik beland het – 'n pad van mishandeling, manipulering en 'n vorige poging tot moord.

Dié saak het die gordyn gelig op 'n hartseer verhaal waar die man die slagoffer van huishoudelike mishandeling was.

Luister na al die vorige episodes: 

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op JacPod.

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het. 

Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa. 

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Nicole Engelbrecht 2024 bio photo
Nicole Engelbrecht (Foto: Verskaf)

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op. Sy is die skepper van die gewilde True Crime South Africa en I Lived Through This potgooi-reekse. True Crime South Africa is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole is die skrywer van vier ware misdaad boeke: Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story, Sizzlers: The Hate Crime That Tore Seapoint Apart, Bare Bones: Cold Cases from True Crime South Africa (gepubliseer in Afrikaans as Klipkoud) en mede-skrywer van Killer Stories: Conversations with South African Serial Killers.

Nicole werk ook met TV-produksiemaatskappye saam om te help met die navorsing en skepping van ware misdaaddokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n potgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, Devilsdorp: The Official Companion Podcast. 

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander potgooi-reekse te luister, en lees ook graag. 

Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:

MORE ON JACARANDA FM


Show's Stories