Luister: Die Springs-haarkapper wat jong meisies na verderf gelok het| True Crime SA - Die Afrikaanse Weergawe

Luister: Die Springs-haarkapper wat jong meisies na verderf gelok het

'n Skokverhaal oor 'n mensehandelring wat by 'n manshaarkapper in Springs oopgevlek is, waar meisies onder in 'n kerker gekry is.

Mans haarkapper in Springs in 2017 (FOTO: www.goexpress.co.za)
Mans haarkapper in Springs in 2017 (FOTO: www.goexpress.co.za)

Agtste Straat in Springs aan die Oos-Rand het in 2017 soos baie ander besige strate regoor Suid-Afrika, 'n prokureursfirma, 'n skoonmaakbesigheid, snoepies en ook 'n mans haarkapper gehuisves.

Agter die helder verf op die haarkapper se muur, het 'n donker boosheid egter geskuil, wat in 2017 aan die lig gekom het.

Die soektog na 'n vermiste jong meisie en 'n polisieklopjag sou die waarheid oor 'n gruwelike menshandel netwerk oopvlek.

Luister hier:

Nigeries gebore Ediozi Obi was die eienaar van die besighede op die perseel van nommer 76 in Agtste Straat in Springs aan die Oos-Rand.

Daar was 'n snoepie, 'n winkel wat in goudhandel gedryf het, en dan ook die manshaarkapper, of barber.

Dit was alles egter net 'n front.

Die snoepie het nie net pakkies lekkergoed verkoop nie, maar ook in dwelms handel gedryf.

Dié dwelms is gebruik om jong meisies, wat na die haarkapper gelok is, onmiddellik verslawend te kry sodat hulle dan in kamers agter die haarkapper as prostitute uitverhuur kon word.

Die meises het na die haarkapper gekom nadat hulle werk aangebied en beloof is dat hulle 'n haarkapper kursus sou doen.

Maar daar is hulle in 'n ondergrondse kamer ingelok, en sou nooit weer dieselfde wees nie.

Ediozi Odi (FOTO: Zelda Venter)
Ediozi Odi (FOTO: Zelda Venter)

Hierdie mensehandelring is onthul toe die polisie op die besigheid toegeslaan het as deel van 'n landwye soektog na 'n jong meisie van Balfour in Mpumalanga.

Drie jong tiener meisies is gered en Obi is die maksimum tronkstraf opgelê vir mensehandel - ses keer lewenslange tronkstraf en 'n addisionele 129 jaar agter tralies.

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe S04 banner
jacarandafm.com

Luister na al die vorige episodes hier:

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op Jadpod.

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa.

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Nicole Engelbrecht 2024 bio photo
Nicole Engelbrecht (Foto: Verskaf)

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.

Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.

'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.

Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:

MORE ON JACARANDA FM


Show's Stories