Luister: Die Matjane-gesinsmoorde en die hofsaak oor die impak van alledaagse pynpille
Updated | By Gerda de Sousa
'n Skokkende saak oor 'n ma wat beweer het dat alledaagse pynpille en medikasie haar daartoe gedryf het om haar twee jong seuns dood te skiet.
Dit was 'n middag in April 2015 toe 'n verhaal oor kindermoorde ontvou het, soos wat nog nooit vantevore in Suid-Afrikaanse howe gesien is nie.
Rehithile Matjane het aangevoer dat 'n kombinasie van alledaagse pille en medikasie daartoe gelei het dat sy haar twee jong seuns koelbloedig na skool in Hammanskraal dood geskiet het.
Van hierdie pille was vir erge kopsere en maagkrampe.
Of was haar motief dalk baie meer voor die hand liggend?
Luister hier.
Rehithile Matjane was 34 jaar oud toe sy op 17 April 2015, uit die bloute, haar seuns in 'n afgeleë stuk veld in die Hammanskraal-gebied in die noorde van Tshwane dood geskiet het.
Op die oog af het dit tot daardie stadium gelyk asof Rehithile en haar man, Maxwell, 'n perfekte lewe gelei het.
Hy was 'n psigiater met meer as een praktyk, sy het hulle twee seuns groot gemaak, en saam was hulle besig om aan hulle gesin se droomhuis te bou.
Maar drie dae voor die skokmoorde het Rehithile begin sleg voel – sy het erge maagkrampe gekry wat veroorsaak is deur haar maandstonde, en boonop het sy ook borspyne gehad en erge kopsere.
Hiervoor het sy 'n kombinasie van pille en medikasie gedrink en ook 'n paar teugies van haar seun se asmapomp geneem.
Dit alles, het Rehithile later in die hof aangevoer, het daartoe gelei dat sy haar greep op realiteit verloor en haar seuns geskiet het sonder om haarself te kon keer.
Daar is egter tydens die verhoor aangevoer dat Rehithile nie heeltemal seker was van haar huwelik nie, en dat dit moontlik die motief vir die moorde op haar kinders was.
Luister na al die vorige episodes hier:
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n bekroonde Afrikaanse-potgooi-reeks, eksklusief op Jacpod.
Die episodes fokus op opgeloste en onopgeloste misdade wat Suid-Afrika geskok het.
Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.
Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa.
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.
Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.
Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.
'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.
Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.
Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.
Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.
Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:
MORE ON JACARANDA FM
Show's Stories
-
SA TikTok star Chad Jones agrees to choreograph dance for 'Wit Warm Boude'
Everyone's favourite dancing content creator, Chad Jones, has all the ri...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
LOOK: Dua Lipa shares love for SA after Kruger Park trip
The English pop star is back in South Africa!
Breakfast with Martin Bester 14 hours ago