Luister: Die moord op Ria Wolmarans in Botswana | True Crime SA - Die Afrikaanse Weergawe

Luister: Die moord op Ria Wolmarans in Botswana

Ria Wolmarans se skokmoord in Botswana in 1996 het gelei tot die seldsame teregstelling van 'n Suid-Afrikaner in 'n buurland.

Ria Wolmarans (FOTO: TikTok)
Ria Wolmarans (FOTO: TikTok)

Tienie en Ria Wolmarans het in die 1990's besluit om na Botswana toe te trek, na die Phakalane-buurt in die hoofstad Gaborone, wat hulle gehoor het veiliger was as Suid-Afrika.

Daar was goeie skole, werksgeleenthede en 'n goed gevestigde Suid-Afrikaanse gemeenskap.

Min het Ria egter geweet dat hierdie hervestiging haar lewe sou kos, en ook daartoe sou lei dat 'n Suid-Afrikaner in Botswana tereggestel sou word. 

Die Suid-Afrikaans gebore Ria Wolmarans is op 26 Junie 1996 in hulle gesinshuis in dié buurt koelbloedig doodgeskiet.

Luister na die episode hier:

Ria Wolmarans se moord het die hele gemeenskap geruk en die polisie ontkant gevang – so 'n gewelddadige misdaad was ongehoord in die Phakalane gebied, waar talle Suid-Afrikaners reeds hulself hervestig het om van die stygende misdaad in Suid-Afrika te vlug.

Dit het egter nie lank geduur nie voordat owerhede in Botswana besef het dat dit nie 'n huisroof was nie, maar 'n moord waartydens Ria spesifiek geteiken is.

Die waarheid sou nog skokgolwe deur die hele Botswana stuur toe Ria se eens baie goeie vriendin en buurvrou van oorkant die straat, Mariëtte Bosch, in hegtenis geneem is.

Mariëtte Sonjaleen Bosch Wolmarans (FOTO: Wikipedia)
Mariëtte Sonjaleen Bosch Wolmarans (FOTO: Wikipedia)
Tienie Wolmarans (FOTO: TikTok)
Tienie Wolmarans (FOTO: TikTok)

Wat ontvou het, was 'n storie van 'n liefdesdriehoek, die moordwapen wat deur Mariëtte onwettig oor die grens tussen Suid-Afrika en Botswana gesmokkel is, en 'n uiteindelike ter doodveroordeling sonder dat enige naasbestaandes daarvan ingelig is.

True Crime South Africa - Die Afrikaanse Weergawe Seisoen 4
Supplied

Luister na die vorige episodes:

True Crime South Africa - Die Afrikaanse Weergawe is 'n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op Jadpod.

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa. 

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

True Crime South Africa - Die Afrikaanse Weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa-reeks.

Nicole Engelbrecht 2024 bio photo
Nicole Engelbrecht (Foto: Verskaf)

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaadpotgooi-skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.

Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.

'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole se eerste misdaadboek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story', is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.

Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaaddokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse-reeks, hieronder:

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories