Luister: Mevrou Mevrou reken 40 is fabulous!
Updated | By Gerda de Sousa
Mevrou deel haar oorlewingsgids vir ’n maand van partytjies, kort glasies en uitbrand ná Jacaranda FM se 40ste verjaarsdagvierings.
Episode 3:
Die maand van Jacaranda FM se 40ste verjaarsdag feesvieringe is nou verby, en Mevrou is weer op die voete. Dis tyd vir nabetragting en om wenke aan die jonger geslag uit te deel. Gerda de Sousa het gesien hoe die jongmense nog nie regtig weet wat dit verg om vir ’n hele maand se partytjies voor te berei nie – hulle brand te vinnig uit. Dianne Broodryk het intussen goed geleer wat om met daardie kort glasies drank te doen wat sy net nie meer kon sluk nie.
Luister na die Mevrouens se lys van wenke om ’n reeks partytjies in styl te oorleef, sonder om jou naam teen ’n plank te slaan...
Episode 2:
Mevrou mag haar jare goed dra: jonk van gees en van vlees. Wat die geheim agter haar ware ouderdom egter verklap, is die plooie wat tussen haar oë vasklou, selfs wanneer sy nie eers kwaad is nie. Dianne Broodryk gaan oor tot aksie en maak ’n afspraak om Gerda de Sousa se plooie goed te looi. Wat daarna gebeur, was vir altwee Mevrouens ’n verrassing. En daar leer hulle iets nuuts: spuit kom nooit te laat nie!
Luister hier na hulle eerste gesamentlike afspraak by ’n dokter van ’n ander aard …
Hier is 'n paar foto's van Gerda se eerste afspraak, waar dr. Du Toit van Untouched moes met baie geduld wag tot dié mevrou uiteindelik genoeg moed gehad het.
Gelukkig was Dianne daar om haar hand vas te hou.
Gallery
Jy kan ook na hierdie episode op Jacaranda FM se Youtube luister.
Episode 1:
Mei 2026 is die maand waarin Jacaranda FM haar 40ste verjaarsdag vier. Aangesien hierdie radiostasie 'n groot deel van albei hulle lewens is, het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk besluit om dit te vier op die beste manier wat hulle kan – deur hulde te bring aan hulle veertigs.
Hulle skop hierdie spesiale mini-reeks af saam met twee van hulle kollegas, oor hoe ’n vrou in haar veertigs behoort te gedra.
Is veertig oor die muur, of net die begin?
Luister na die episode hier.
Jy kan ook na hierdie episode op Jacaranda FM se Youtube luister.
Die Mevrouens ag hulself nou al as kenners oor enigiets wat moontlik verband hou met hulle veertigs. Dis 'n dekade wat hulle goed kan onthou.
Maar Gerda en Dianne is skepties of hulle nog objektief kan bly oor hulle veertigs – was dit regtig so lekker soos hulle wil onthou?
Toe besluit die twee Mevrouens om by een van hulle kollegas aan te klop.
Rozanne McKenzie, mede-aanbieder van Jacaranda FM se The Drive with Rob & Roz, is nog in haar vroeë veertigs en stem saam – sover is hierdie haar beste dekade. Roz vertel hoe sy nou ook geleer het om haar stem dik te maak: as sy nie met iets saamstem nie, gaan sy jou sê.
Saam besluit dié drie dat hulle beslis hulle jare baie goed dra. Of is dit net in hulle kop?
Vir 'n goeie dosis realiteit, kry hulle vir Thando Dlalisa in.
Sy is 'n sosiale media-guru by Jacaranda FM – 'n jong vrou in haar dertigs met haar vinger op al die jongste polse en modes.
Thando erken egter dat die Mevrouens en Roz hulle jare baie goed dra. Nadat sy gehoor het wat die veertigs vir haar kan inhou, sien sy uit na wat kom. Sy het darem goeie rolmodelle, reken Thando.
Dít, reken Gerda en Dianne, is die beste kompliment waarvoor hulle ooit kon vra.
Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi, vervaardig deur Jacaranda FM.
In hierdie episodes probeer twee "gesoute" radiokollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoepklets.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste by Jacaranda FM, vriendinne wat alles van mekaar weet, twee ma’s wat raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie, en, natuurlik, Mevrouens. In hierdie eksklusiewe podgooi-reeks vir JacPod tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Luister na die vorige episodes:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Neels van Jaarsveld deel trouvideo ná lang pad na ware liefde
Akteur Neels van Jaarsveld het aanhangers laat glimlag toe hy onlangs prag…
The Drive with Rob & Roz 15 hours ago -
Pink stuns in show-stopping 'Chicago' tribute at the 2026 Tony Awards
Pink brought broadway and pop music together in spectacular fashion during…
The Drive with Rob & Roz 15 hours ago