Mevrou kry lelike stry oor die lys vir Kersgeskenke

Mevrou kry lelik stry oor die lys vir Kersgeskenke

Die Mevrouens is besig met die laaste beplanning vir Kersfees toe hulle rusie kry oor wie 'n toegedraaide geskenk onder die boom moet kry. Wie kwalifiseer vir 'n geskenk?

Mevrou Mevrou S03 Episode 10
Jacaranda FM

Dianne Broodryk staan vas: net dié lede van die familie wat saam met hulle op Kersdag is, kry gekoopte geskenke.

Gerda de Sousa stem glad nie saam nie – of hulle nou bymekaar is of nie, sy draai iets toe vir onder die boom. 

Die Mevrouens was oorspronklik van plan om hulle Kersfeesbeplanning met mekaar te deel en idees uit te ruil oor wat hulle in die winkels beskou as bekostigbaar.

Maar in plaas daarvan begin hulle stry oor wie geskenke moet kry.

Luister na die episode hier:

Dianne sê die tradisie in haar familie is dat dit eenvoudig te duur geraak het om vir almal geskenke te koop, en hulle het onder mekaar besluit dat net dié wat daar is by die Kersdag viering geskenke kry.

Sy bak koekies en gee dit vir haar familie wat sy nie gaan sien nie.

Gerda kan nie daarmee saamstem nie. 

Sy erken dit raak ’n baie duur storie, maar sy kan nie sien hoe sy nie iets vir haar ma, broer, en sy gesin kan koop en mooi toedraai nie.

Al is hulle ver van mekaar af op Kersdag, moet hulle iets hê om oop te maak.

Gerda glo ook nog in die uitdeel van Kerskaartjies met ’n persoonlike boodskap.

Dianne meen die tye het verander – niemand stal meer hulle Kerskaartjies uit nie.

Die een kan nie wag vir die feesseisoen se uitverkopings nie, terwyl die ander een aan niks erger kan dink as om na Kersfees terug te gaan winkels toe.

Waaroor die twee Mevrouens egter saamstem, is dat hulle wel hulself kan sien dryf op die swembad met ’n drankie in die hand.

Maar of hulle hierna vir mekaar geskenke gaan gee, is iets om oor te wonder....

Jy kan ook gaan kyk na hierdie week se hele episode: 

Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma's wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou S3 Banner
Jacaranda FM

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.

Luister na die vorige episodes:

MORE ON JACARANDA FM


Show's Stories