Mevrou onthul hoe 2025 moontlik haar lewe gered het
Updated | By Gerda de Sousa
Mevrou
kyk terug op die jaar wat was, en al die kere wat dit gevoel het of daar ’n slang
was wat reg gelê het om te pik.
Dié jaar was egter nie net een van weg hardloop van slange nie, Mevrou het ook ’n paar goeie lesse geleer en voel sy het die slang skubbe nou vervel en is reg vir 2026. Maar om daar te kom, moet Gerda de Sousa en Dianne Broodryk eers ’n paar swaar lasse van hulle skouers af kry, bely oor ’n paar ander goed, en dankie sê vir ’n besluit wat moontlik een van hulle se lewens gered het ….
Luister na die episode hier:
Die Mevrouens onthou 2025 as ’n jaar waartydens hulle baie keer hulle tong moes byt, die slang eers goed uit die boom uit moes kyk, en koes vir die spreekwoordelike kushou wat hulle nie sien kom het nie.
Daar was ’n paar slange wat so stil-stil hier om hulle voete geseil en wou pik het – en nou verstaan die Mevrouens hoekom: 2025 was volgens die Sjinese Zodiac mos die jaar van die slang.
Hulle glo nou nie juis als hiervan nie, maar hulle moet toegee dat dit ’n vreemde jaar was.
Maar daarmee saam, het hulle baie – en goeie – lesse geleer.
Dianne onthul hoe ’n papsmeer voorkom het dat sy moontlik in die toekoms lewensgevaarlike servikale komplikasies sou hê.
Sy is dankbaar vir hierdie eenvoudige mediese ondersoek wat vroeg genoeg die probleme aangedui het en haar ginekoloog dit onmiddellik kon aanspreek.
Gerda wonder hoekom elke vulstasie nie die nodige toerusting het om ’n nael uit ’n motor band te kan verwyder sodat veral vroue veiliger op die pad kan wees nie.
Sy sê dankie dat sy op die regte tyd by so ’n vulstasie kon uitkom wat kon verseker dat sy veilig huis toe kon ry.
Nou wag die twee vir 2026 wat volgens die Sjinese kalender, ’n gallopende perd gaan wees.
Is dit ’n wit perd? Het hy ’n ridder op? Is dit ’n magiese eenhoring perd, met towerkragte?
Hulle sal moet wag en sien, maar wat die Mevrouens van seker is, is dat dit weer ’n jaar gaan wees van baie stories deel en saam lag en huil en fees vier.
Jy kan ook gaan kyk na hierdie week se hele episode:
Mevrou Mevrou is ‘n oorspronklike Afrikaanse podgooi deur Jacaranda FM waarin twee “gesoute” radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.
In hierdie eksklusiewe podgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Luister na die vorige episodes:
MORE ON JACARANDA FM
Show's Stories
-
Kylie Jenner receives backlash for Golden Globes picture
The reality star and makeup mogul attended the 2026 awards ceremony with...
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago -
Win R25,000 with Hi-Lo on The Drive with Rob and Roz
Play along on The Drive with Rob & Roz from 16:00-19:00 and you can ...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago