Mevrou pluk plesier uit plastiek plante
Updated | By Gerda de Sousa
Die lente is hier, en Mevrou meen daar is geen meer verskoning vir ’n huis sonder groen plante nie, selfs al is sommige van dié plastiek. Die Mevrouens bieg dat hulle nou kunsmatige plante in potte regoor die huis het.
Ja, dit voel nie reg nie, maar wat moet mens doen as jy nie groen vingers het nie?
Gerda de Sousa en Dianne Broodryk oorweeg nou ook om – wat hulle noem – plastiekgras neer te lê sodat hulle eens en vir altyd die stryd kan wen om ’n lekker strook groen buite die huis te hê.
Die Mevrouens het hulle oorgegee aan kunsmatige plante, na jare se gesukkel om die groenigheid in die potte aan die groei te hou.
Luister na die episode hier:
Dis veral Gerda wat vrede maak met die feit dat sy maar net nie weet hoe om plante en blomme aan die lewe te hou nie.
Noudat sy die wêreld van kunsmatige plante ontdek het, wil Gerda haarself sommer ook oorgee aan plastiekblomme.
Die enigste probleem is dat bloeisels in die winter waarskynlik haar geheim sal weggee...
Dianne bieg dat sy al vir jare twee groot plastiekplante in pragtige potte op haar stoep het, en niemand het nog ooit agtergekom dat dié plante 'n kunsmatige groen is nie.
Sy het selfs al die kunsmatige gras probeer na verlede jaar se chaotiese grasplante-sessie, toe al die gras verdroog het.
Maar dit bly nie by slegs kunsmatige plante nie – terwyl hulle op die onderwerp is, is daar ook die vals naels, die vals oogwimpers en die operasie om die borste bietjie te lig.
Niks is meer taboe nie, en die Mevrouens voel hulle moet hul opsies begin oorweeg.
Jy kan ook gaan kyk na hierdie week se hele episode:
Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse podgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.
In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Luister na die vorige episodes:
MORE ON JACACARANDA FM
Show's Stories
-
French indie video game dominates 2025 Game Awards
The Game Awards is an annual show similar to the Oscars, where game desi...
The Drive with Rob & Roz 14 hours ago -
Kardashian sister flirts with hot teacher on social media
The reality star has been open about struggling to date while being a si...
The Drive with Rob & Roz 16 hours ago