Mevrou het gesukkel om die mediese vorms in te vul

Mevrou se gesukkel om die mediese vorms in te vul

Mevrou moet hospitaal toe gaan vir ‘n mediese prosedure, maar wat vir haar erger is as wat hulle aan haar gaan doen, is die stapel mediese forms wat sy voor die tyd moet invul. 

Mevrou Mevrou S03 Ep 08
Jacaranda FM

Mevrou moet hospitaal toe gaan vir 'n mediese prosedure, maar wat vir haar erger is as wat hulle aan haar gaan doen, is die stapel mediese vorms wat sy vooraf moet invul. 

Asof dit nie genoeg is dat sy elke maand die duisende rand moet opdok vir 'n mediese fonds nie, maak die administratiewe nagmerrie haar sommer naar.

Gerda de Sousa en Dianne Broodryk gesels oor mediese prosedures, administratiewe rompslomp en kroniese medisyne…

Luister na die episode hier: 

Hierdie is 'n bitter pil vir Mevrou om te sluk, en sy is bevrees daar is geen mediese fonds wat medikasie hiervoor het nie.

Dianne wou nog begin bekommerd raak oor die mediese prosedure waarvoor sy hospitaal toe moes gaan, toe haar aandag heeltemal afgelei is deur die administratiewe nagmerrie wat hiermee gepaard gaan.

Oornag moes sy 'n kenner word op mediese kodes en kostes wat sy vir haar mediese fonds moes deurstuur om te verseker dat die prosedure goedgekeur word.

Sy moes selfs die bed in die hospitaal bespreek!

Genoeg is nou genoeg, en Dianne wil weet of mens dan 'n Meestersgraad in mediese kodes benodig vir elke prosedure wat in 'n hospitaal gedoen word.

Om nie te praat van al die kennis wat sy opgedoen het nie – maar Dianne reken soms is dit beter om eerder nie presies te weet wat daardie kodes beteken en wat die dokter beplan om aan jou lyf te doen nie.

Vir Gerda lê daar ook 'n paar mediese vorms voor, en hare het te doen met die registrasie van kroniese medikasie.

Laas jaar was dit ook ’n aaneenlopende stryd van vorms wat geskandeer, geteken, en teruggestuur moes word, en dan op die foon aanbly om seker te maak alles is in orde.

Sy sit en wag vir die moed om haar te oorval, sodat sy weer kans sien vir hierdie stryd.

Die twee krap kop oor mediese fondse – en is tussen lag en huil oor hulle spaarrekening wat al uitgeput is, terwyl volgende jaar se verhoogde maandelikse mediese fonds-premies vir hulle wag.

Gaan kyk na hierdie week se episode hier:

Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma's wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou S3 Banner
Jacaranda FM

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.

Luister na die vorige episodes:

MORE ON JACARANDA FM


Show's Stories