Mevrou se wenke vir die wenners

Mevrou se wenke vir die wenners

Dis die seisoen vir toekenningsaande en werksfunksies, en die Mevrouens gee praktiese wenke vir dié somtyds baie lang aangeleenthede.

Mevrou Mevrou S3 Episode 3
Jacaranda FM

Mevrou Mevrou is net laas week bekroon met ’n brons-toekenning by die Wesbank New Generations Toekennings, en dis daar waar Gerda de Sousa en Dianne Broodryk voel hulle die nodige laaste bietjie van ondervinding opgedoen het vir alles wat jy moet weet om ’n toekenningsfunksie soos ’n wenner te oorleef.

Watter skoene jy moet dra, en hoe om te verseker jy is eerste in die ry vir die buffet, is maar net van die kosbare brokkies inligting wat hulle gratis uitdeel.

In die foto saam met die Mevrouens is die vervaardiger van hierdie bekroonde potgooi, die ere-Meneer Ethan Baird – en natuurlik, hulle toekenning!

Luister na die episode hier:

Die einde van die jaar bring 'n string toekenningsaangeleenthede, waar maatskappye en besighede die jaar se harde werk bekroon en vereer.

Daar is glansaand-partytjies en werksfunksies wat van vroegmiddag tot middernag kan voortduur.

Gerda en Dianne het juis verlede week by so 'n toekenningsaand gesit, en voor hulle geweet het, het hulle 'n hele lys van wenke gehad oor hoe om dié funksies op ’n stylvolle en eerbare manier te oorleef – of jy nou wegstap as ’n wenner of nie.

Die kosbare inligting wat hulle gratis met almal deel, sluit in wanneer om op te daag – te vroeg, en jy raak moeg, maar te laat, en dan staan jy in die ry vir registrasie en mis moontlik die skinkborde met die verwelkomingsdrankies.

Gerda glo in geel as jy wil wen – gaan groot met goud.

Dianne se belangrikste wenk is om te weet met wie jy eerste vriende moet maak, om te verseker jy weet presies wanneer die kos bedien word.

Daar is niks ergers as om met 'n koue bord kos verby al die stoele te moet skuur om by jou tafel te kom nie.

Die Mevrouens stem saam: Hierdie is een van hulle mees behulpsame episodes nog, want daar is moets en moenies vir almal.

Gaan kyk na die hele video van dié week se episode: 

Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse podgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou MEvrou S3 E1 Website
Jacranda FM

In hierdie eksklusiewe podgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.

Luister na die vorige episodes:

MORE ON JACARANDAFM


Show's Stories