Mevrou sien rooi soos 'n geïgnoreerde stoplig
Updated | By Gerda de Sousa
Die Mevrouens is ontstoke – dit voel vir hulle asof iemand die padreëls verander het sonder om hulle in te lig.
Die verkeersregulasies waarvoor hulle dekades gelede moes leer en toets skryf om 'n lisensie te kry, lyk of dit eenvoudig nie meer geld nie.
Flikkerligte word skaars gebruik, mense ry sommer oor soliede lyne, en dan is daar dié wat ’n rooi lig sonder skroom ignoreer!
Luister na die episode hier:
Gerda de Sousa en Dianne Broodryk meen dalk is dit tyd om op vanjaar se Erfenisdag die nuwe, ongeskrewe verkeersreëls amptelik bekend te maak – sodat almal met wiele weet wat nou eintlik aangaan.
Dianne is op 'n missie om vas te stel of die padreëls dalk onlangs aangepas is… en of die owerhede net vergeet het om haar daarvan te vertel.
Sy is woedend – onlangs het iemand in 'n ander motor vir haar getoeter, en dit net omdat sy nie oor 'n rooi lig gery het nie!
Waar sy vandaan kom – en volgens die reëls wat sy geleer het – is dit mos 'n oortreding om nie by ’n rooi lig te stop nie.
"Stop sê die rooi lig, ry sê die groen lig, oppas sê die geel lig… oppas wat jy doen."
Nou wat het van dit geword?
Gerda stem saam. Sy sien al hoe meer hoe mense rondom haar die reëls ignoreer en bestuur soos hulle wil.
Dis asof motoriste regoor die land handdoek ingegooi het en nou net daardie reëls gehoorsaam wat hulle pas – en dit daagliks.
Die Mevrouens meen die regering kan net sowel hierdie nuwe, nie-amptelike padreëls amptelik verklaar as deel van Erfenisdag.
Dan het die land darem iets nuuts om te oorerf – en aan die volgende geslag oor te dra.
Dis óf dit, óf hulle gaan ’n hartaanval kry agter die stuurwiel.
Luister ook na die vorige episode, waarin Dianne vertel van haar noue ontkoming met 'n vrou wat haar motor se nommerplaat skoon afgery het.
Jy kan ook gaan kyk na hierdie week se hele episode:
Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse podgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma's wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.
In hierdie eksklusiewe podgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Luister na die vorige episodes:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
French indie video game dominates 2025 Game Awards
The Game Awards is an annual show similar to the Oscars, where game desi...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago -
Kardashian sister flirts with hot teacher on social media
The reality star has been open about struggling to date while being a si...
The Drive with Rob & Roz 15 hours ago