Mevrou skinder oor wat op die WhatsApp-groepies gesê word

Mevrou skinder oor wat op die WhatsApp-groepies gesê word

Mevrou het met 'n skok en 'n skuldgevoel agtergekom dat haar gesin van drie nie hul eie WhatsApp-groepie het nie!

Mevrou Mevrou S03 Ep 11 Whatsapps
Jacaranda FM

Hoeveel WhatsApp-groepies moet 'n mens hê, en wanneer kan jy jouself maar afhaal en die groepie toe maak?

Gerda de Sousa en Dianne Broodryk delf in die status van hulle WhatsApps om te probeer vasstel wanneer 'n WhatsApp-groep die moeite werd is om te hou en wanneer 'n mens jouself eerder maar moet verwyder.

Luister na die episode hier:

Die mevrouens reken dit is die regte tyd van die jaar om hulle WhatsApp skoon te maak en van groepies ontslae te raak wat al vir jare lank nie meer gebruik word nie.

Daarmee saam voel Gerda skuldig omdat haar man haar moes herinner dat hulle gesin nie hulle eie WhatsApp-groepie het nie.

Maar as 'n mens elke dag van aangesig tot aangesig met mekaar praat, is dit dan werklik nodig om nog 'n WhatsApp-groepie te hê?

Daar is dan ook die skuldgevoel wanneer jy die groep se klank afsit en dan met 'n slag agterkom jy is 'n hele week se boodskappe agter.

Hierdie WhatsApp het nou heeltemal te veel administratiewe romslomp geword.

Dianne reken sy het lankal haar voet neergestamp omdat daar net te veel op haar WhatsApp aan die gang was, en te veel groepies lei in elk geval daartoe dat 'n mens nie kan byhou met al die inligting wat jou kant toe geslinger word nie.

Onthou net om die nommers op jou foon te sit van mense met wie jy graag in kontak wil bly, voordat jy die WhatsApp-groep verwyder, is Dianne se raad.

Die een WhatsApp-groep wat die twee lekker aan die skinder het, is hulle onderskeie wyke se groepies, waar inwoners briesend raak oor krag- en wateronderbrekings en die wyksraadslede erg deurloop.

Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou S3 Banner
Jacaranda FM

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.

Luister na die vorige episodes:

MORE ON JACARANDA FM


Show's Stories