Mevrou is terug met 'n nuwe plan vir die ou jaar

Mevrou is terug met 'n nuwe plan vir die ou jaar

Die Mevrouens is terug met ’n nuwe seisoen van hulle bekroonde potgooi! 

Mevrou Mevrou S3 E1
Jacaranda FM

Mevrou probeer sin maak van wat sover 'n besige jaar was – soos 'n swaar gelaaide weghol 4x4 bakkie wat net nie remme het nie.

Vir Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is die jaar nog lank nie verby nie en hulle skop die nuwe seisoen af met groot planne om hulle lewens reg te ruk voor Kersfees.

Luister na die eerste episode van Seisoen 3 hier: 

Dit voel vir Gerda en Dianne of hulle mekaar laas gesien het toe die wêreld nog nie op sy kop was nie en teen normale spoed gedraai het.

Met die somer wat terug is, skop die twee 'n nuwe reeks van hulle gewilde potgooi af, met hulle planne vir die res van 2025.

Dit is nooit te laat om jouself reg te ruk nie, reken hulle.

Gerda het haar navorsing gedoen en staan op die punt om al die natuurlike middels te gaan aankoop vir 'n lyfskoonmaak-sessie.

Sy reken die Mevrouens moet ook deel word van die wêreldwye tendens om die wurms en parasiete uit hulle ingewande te spoel.  

Dianne het ander planne – daar is geen rede om teen die einde van die jaar permanent kwaad te lyk nie.

Dis tyd vir botoks.

Dit klink als goed en wel, maar die probleem is om dit deur gevoer te kry – die een Mevrou hou nie van die natuurlike mengsel wat sy gaan moet sluk nie en die ander Mevrou is bang vir naalde! 

Jy kan ook gaan kyk na hierdie week se hele episode:

Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse podgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou MEvrou S3 E1 Website
Jacranda FM

In hierdie eksklusiewe podgooi-reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.

Luister na die vorige episodes:

MEER BY JACARANDAFM


Show's Stories