Mevrou verklaar oorlog teen die strykyster

Mevrou verklaar oorlog teen die strykyster

Mevrou het haar voet neergesit en finaal besluit om die stryd teen die strykyster aan te pak, maar sy dink sy het verloor. 

Mevrou Mevrou S03 Episode 5
Jacaranda FM

Gerda de Sousa se oorlog het begin toe sy begin navorsing doen het oor hoe om die onderkant van haar strykyster skoon te maak.

Dianne Broodryk blaas stoom af oor die onthulling wat sy gemaak het toe sy die buitekussings wou skoonmaak.

Luister na die episode hier: 

Die Mevrouens reken hulle het 'n duidelike teken gekry dat hulle eerder net nie moet skoonmaak nie. 

Dianne kon haar oë nie glo nie, toe haar buitekussings begin skeur het nadat sy hulle probeer skoon en reg kry het vir die somer wat voorlê.

Sy het die geld wat sy op daardie kussings spandeer het, gesien opfrommel, en met 'n swaar hart moes sy al haar kussings weggooi.

Maar sy het die duur les ter harte geneem, en nou gee Mevrou goeie raad oor hoe om daai kussings skoon te kry.

Vir Gerda was daar 'n stryd in haar huis teen die onderkant van haar strykyster.

Dit het begin toe sy 'n wit T-hemp wou stryk en sy met 'n skok die vuil streep gesien het.

Om 'n strykyster skoon te kry, het Mevrou agtergekom, sit egter nie in almal se broek nie – maak nie saak hoe maklik die YouTube-video dit laat lyk nie.

Miskien moes sy maar net van die begin af ’n nuwe strykyster gaan koop; nie elke oorlog is die moeite werd nie…

Jy kan ook gaan kyk na hierdie week se hele episode:

Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou S3 Banner
Jacaranda FM

In hierdie eksklusiewe podgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.

Luister na die vorige episodes:

MORE ON JACARANDA FM


Show's Stories