Mevrou se siekwees sages
Updated | By Gerda de Sousa
Die winter is verby, die somer is in volle swang, en die Mevrouens wonder waar die skielike siektes vandaan kom wat hulle ook platgeslaan het. Mevrou is nou siek en sat vir siekwees!
Dit was so erg dat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk altwee in die bed moes bly met antibiotika en 'n bak vol ander medisyne – iets waaraan dié twee nie gewoond is nie.
Nou voel dit of die hele wêreld om hulle ook siek word, met ’n gehoes, ’n geproes en ’n gesoek na genoeg sneesdoekies ….
Die Mevrouens is terug nadat hulle altwee deur 'n skielike siekte platgetrek is – die een met 'n erge bors en die ander met 'n neus-en-oorinfeksie.
Luister na die episode hier:
Hulle bely dat hulle nie goeie pasiënte is nie, want hulle sukkel om in die bed te lê en niks doen nie – om nie te praat van hulle hoë vlakke van irritasie nie.
Siekwees is nie vir sissies nie – en dit wil voorkom of almal nou siek is.
Dianne wonder hoekom die dokter vir haar gesê het sy moet eerder nie, terwyl sy siek is, op haar huis se dak klim nie... Is dit iets waarteen dokters nou ook deesdae hulle pasiënte moet waarsku?
Gerda se stryd teen die alewig lopende neus was om genoeg sneesdoekies in die hande te kry, want skielik kom sy agter sy het nie genoeg voorraad in haar huis nie.
En noudat hulle terug is by die werk, loop Mevrou met die skuldgevoel dat sy moontlik ook haar kollegas kon aangesteek het – of is dit nou net die jongste verskoning wat die rondtes doen?
Spyt kom altyd te laat, leer die twee, want nou verlang hulle terug na daardie siekwees-dae toe hulle net in die bed kon lê en niks doen nie.
As hulle maar net die meeste van die lomerige antibiotika-gevoel gemaak het toe die kans daar was.
Jy kan ook gaan kyk na hierdie week se hele episode:
Mevrou Mevrou is ‘n oorspronklike Afrikaanse podgooi deur Jacaranda FM waarin twee “gesoute” radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.
In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Luister na die vorige episodes:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Rassie Erasmus to receive SA’s highest award for uniting the country
Rassie Erasmus will be recognised for advancing “social cohesion among Sou…
Breakfast with Martin Bester 3 hours ago -
West Rand man’s underwear car prank has SA in stitches
This is next-level pranking…
Breakfast with Martin Bester 3 hours ago