Luister: Shaun Oosthuizen se meester-misdaadplan teen bejaarde vroue | True Crime SA - Die Afrikaanse Weergawe

Luister: Shaun Oosthuizen se meester-misdaadplan teen bejaarde vroue

Die skokwekkende verhaal oor Shaun Oosthuizen se reeks moorde op bejaarde vroue en die vasberade speurder wat dit oor provinsiale grense oopgevlek het. Ouetehuise en aftreeoorde in Gauteng en Mpumalanga was tussen 2015 en 2018 die teikens van sy gru-misdade.

Polisie kennisgewing vir die drie verdagtes (FOTO: Facebook.com/Lowvelder)
Polisie kennisgewing vir die drie verdagtes

Bejaarde vroue wat alleen gebly het, is aangeval, verwurg en beroof in 'n reeks misdade wat begin het met die geldgierigheid van Shaun Oosthuizen. Die kat-en-muis-speletjie wat hy en sy medepligtiges met die polisie gespeel het, het gelei tot ’n reuse-soektog oor provinsiale grense om die aanvalle te stop voordat nog 'n vrou haar deur vir die onheil oopmaak.

Luister hier...

Shaun Oosthuizen het sy jongmensjare deurgebring in die Pango-kamp in Gauteng, wat bekend geword het as een van die eerste gebiede waar 'n groep meestal wit Afrikaanssprekendes saamgevoeg is met behoeftiges van ander etniese groepe. Dit het nie lank gevat nie voordat Oosthuizen die landwye pleit vir donasies vir die kamp se inwoners gesien het as 'n manier om by ouetehuise in te kom. Hy het voorgegee dat hy donasies sou gaan aflaai, maar intussen bejaarde vroue wat alleen gebly het, aangeval, vermoor en beroof.

Een van die mans wat hy in die Pango-kamp bevriend sou raak, Johnny du Plooy, het later by hom aangesluit, en toe ook 'n jong vrou, bekend as Maryna Vorster. Die drie is egter in hulle spore gestop deur ’n polisiebeampte in Mbombela wat selfs in sy vrye tyd onverpoos aan dié sake gewerk het om die skuldiges agter tralies te kry.

Luitenant-kolonel Stroh het besef dat die aanvalle op bejaarde vroue in Gauteng verbind kon word met dié in Mpumalanga – en dit was te danke aan sy meedoënlose ondersoek en bewusmaking onder polisie in ander takke dat die tentakels van dié drie se misdade uiteindelik gestop kon word.

Oosthuizen is skuldig bevind aan die roof van en moord op vyf bejaarde vroue in Gauteng en Mpumalanga. Terwyl sy medepligtiges ook swaar strawwe ontvang het, is Oosthuizen geag as die meesterbrein agter dié gru-plan om bejaarde vroue te teiken, omdat hy geweet het hulle sal hul deure en harte oopmaak vir mense wat donasies vra.

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe S04 banner
jacarandafm.com

Luister na al die vorige episodes hier:

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is ‘n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op Jacpod.

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa.

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Nicole Engelbrecht 2024 bio photo
Nicole Engelbrecht (Foto: Verskaf)

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.

Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.

'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.

Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:

MORE ON JACARANDA FM


Show's Stories