Luister: Die berugte 'Station Strangler'-reeksmoordenaar
Updated | By Gerda de Sousa
Die Station Strangler, of ook Stasiemoordenaar, het jong seuns in die Wes-Kaap grusaam vermoor en is steeds een van die mees berugte reeksmoordenaars ooit in Suid-Afrika.
Suid-Afrika het in 1994 geleef onder 'n reënboog van vreugde met die aanvang van demokrasie en die gevoel van vryheid.
In die Mitchells Plein-gebied van die Wes-Kaap was ouers egter vasgekeer in angs nadat die liggame van jong seuns gevind is – almal op dieselfde gruwelike wyse vermoor.
Inwoners was verder geskok oor die identiteit van die man wat as die Stasiemoordenaar of 'Station Strangler' aangekla sou word.
Maar was hy werklik die ware oortreder?
Luister hier:
Die Stasiemoordenaar se moorde het in Maart 1994 aan die lig gekom toe 'n jong seun vermis geraak het terwyl hy saam met sy nefie in die Strand gaan trollies stoot het om ekstra sakgeld te verdien.
Dit het gelei tot 'n reuse-soektog en die gruwelike ontdekking van die 10-jarige Elroy van Rooi se liggaam in die Eerste Rivier-gebied, sowat 22 kilometer van die Strand af.
Sy moord sou die sleutel wees tot die einde van 'n 8-jaar lange hartseer verhaal, waartydens jong seuns in Mitchells Plein en omliggende gebiede spoorloos verdwyn het en vermoor is.
Elroy van Rooi was die 23ste slagoffer van die Station Strangler, en sy moord het gelei tot een van die grootste polisieondersoeke in die nuwe demokratiese Suid-Afrika.
Die mees prominente reeksmoordenaar-profielskepper in die land op daardie stadium, Micki Pistorius, is ingeroep om die polisie te help, en daar is ook by 'n internasionale kenner raadpleeg om vas te stel wie die moordenaar is.
Sy uiteindelike inhegtenisneming sou die gemeenskap skok, en die daaropvolgende uitgerekte verhoor en geregtelike ondersoek sou woede ontlont.
Norman Simons, later bekend as Afzal Sarfaraaz Norman Simons nadat hy die Moslem-geloof aangeneem het, was 'n onderwyser by ’n plaaslike laerskool.
Hy is skuldig bevind aan die moord op Elroy van Rooi, maar nie aan die moorde op die ander seuns nie.
Tot vandag toe bly daar vrae oor of die ware reeksmoordenaar ooit gevind en gevonnis is.
Luister na al die vorige episodes:
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is ‘n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op JacPod.
Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.
Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.
Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa.
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.
Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.
Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.
'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.
Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.
Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.
Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.
Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:
MORE ON JACARANDA FM
Show's Stories
-
A woman in her 40s: 'Mevrou Mevrou' share their experiences
What does the world expect from a woman in her forties?
Elana Afrika-Bredenkamp 3 hours ago -
Warning for South African homeowners with boreholes
The South African government is coming after homes with boreholes.
Breakfast with Martin Bester 17 hours ago