Bobby en Karlien van Jaarsveld gee terug

Bobby en Karlien van Jaarsveld gee terug

Die sangers het besluit om by die Hanna Charity betrokke te raak en het 'n dagsorgsentrum aan die Oos Rand oopgemaak.

Bobby image 5

Die twee het vanoggend aan die Complimentary Breakfast gesê dat die liefdadigheidsprojek oor hulle pad gekom het en dat hulle nie kon nee sê nie.

"Dis nie regtig 'n kleuterskool nie, maar dis 'n sentrum wat omsien na minderbevoorregte kinders en hulle word opvoedkundig gestimuleer," het Bobby aan die Complimentary Breakfast gesê.

Karlien sê daar is baie van hierdie kindertjies wat nog nooit in 'n skool was nie. "Van hulle is al 6 jaar oud en was nog nooit op skool nie," sê Karlien.

Bobby het gesê dat hy die toilet na Karlien vernoem het, waarna Karlien teruggekap het. "Ek het die spieeltjie na Bobby vernoem," het sy gelag.

As jy by Bobby en Karlien se projek betrokke wil raak stuur gerus 'n epos aan: [email protected]

Bobby image 3
Bobby the builder

Show's Stories