Snotkop terg met nuwe musiek

Snotkop terg met nuwe musiek

Afrikaanse kwaito ster, Snotkop het die week op sosiale media geterg met nuwe musiek maar daar word nog geen woord gerep oor wat om te verwag nie. 

Snotkop
Official Website

Snotkop het 'n foto op instagram gedeel wat lees: HKGK maar dis sover al wat ons weet.


Volgens twitter sal Snotkop se nuwe album in Julie vanjaar die rakke tref.


Hy het op sy twitter blad gedeel: "HKGK... Is jy reg vir dit?! My nuwe cd is oppad Julie 2016!  #nuwecd #HKGK "


Snotkop se vorige album, Soos 'n Boss is in 2014 vrygestel en was sy sesde studio album.


Soos ons hom ken gaan sy nuwe album beslis 'n versameling van gatskop treffers wees met vars en innoverende klanke.

Show's Stories