VIDEO: Vir Altyd film premiér

VIDEO: Vir Altyd film premiér

Die vervaardigers, skrywers, akteurs en bekendes het gisteraan op Johannesburg toegesak vir die bekendstelling van Vir Altyd.

Ivan Botha Donna-Lee Robberts

Vervaardigers, Ivan Botha en Donnalee Roberts het weereens kragte saamgespan in dié romantiese avontuurfilm wat op die 12de Februarie sal begin draai.


"Vir Altyd is nie 'n opvolg van Pad na jou Hart nie, maar 'n vingerafdruk van die kwaliteit waarmee die voorloper aangepak is, en dit is duidelik te sien in die nuwe film," het Ivan Botha gesê.


Die rolprent begin in een van Suid-Afrika se mees geliefde en mooiste dorpe, die Paarl, en neem kykers op 'n eiland-avontuur na Mauritius.

SYNOPSIS:


Tussen sprokies en Hugo se avonture, kon Nina tydens haar grootwordjare ontsnap van haar hartseer weens die voortdurende konflik tussen haar ouers agter toe deure. Nina en Hugo het van saam grootgeword in die wingerde van die Paarl en was altyd onafskeidbaar. 


Op 18 wil Hugo niks anders doen as om Nina te red nie - soos hy altyd gedoen het toe hulle klein was, en gevolglik oorreed hy haar om saam met hom te weg te hardloop. Na 'n skokkende gebeurtenis word Hugo finaal as die moeilikheidmaker beskou wat hy altyd was (volgens Nina se ouers) en dit forseer die twee vriende om paaie te skei.   



Op 28 is Nina en Hugo se vriendskap slegs 'n vae herinnering, totdat Hugo op die vooraand van Nina se troue in die Paarl opdaag - onbewus daarvan dat sy in die huwelik gaan tree. 


Hy en Nina sien mekaar na byna 'n dekade weer vir die eerste keer by die skemerkelkie-aand voor haar troudag. Hugo word onverwags deel van sy vriendin se grootste sprokie waaroor sy al van kindsbeen af droom.

Show's Stories