Aandag alle blomliefhebbers: 'Die Groenste Vingers' binnekort op kykNET

Aandag alle blomliefhebbers: 'Die Groenste Vingers' binnekort op kykNET

'Die Groenste Vingers' is ’n kompetisie program waar tuiniers, bloemiste, en passievolle blom-entoesiaste meeding om as 'Die Groenste Vingers'-wenner gekroon te word. 

Edrien Erasmus
Verskaf.

Daar is min dinge so mooi soos ’n pragtige ruiker in ’n huis, ’n kleurvolle blomrangskikking op ’n tafel of ’n onthaalsaal wat ’n nuwe gesig kry met blomversiersels. Tog bly die mense wat hierdie pragstukke so moeiteloos aanmekaar slaan, soms vergete in ons bewondering.

LEES OOK: Pierre van Pletzen gesels oor sy rol in 'Die Boekklub'

Edrien Erasmus is aan’t stuur van sake as aanbieder van kykNET se nuwe program, 'Die Groenste vingers'. In die program sal deelnemers week na week verskillende uitdagings aanpak waar elk ’n unieke rangskikking moet ontwerp waarna beoordelaars sal besluit wie blom nog en wie het verlep...

“Ek is só opgewonde om saam met 'Die Groenste Vingers'-deelnemers meer plante en blomme te leer ken en om hul pragstukke te sien! Dit gaan ’n fees vir alle kykers se oë wees,” vertel Erasmus.

Deelnemers sal twee wêreldklas blomkenners moet beïndruk. Franz Grabe, is ’n blom couture genie wat van troues en korporatiewe funksies, tot blom-rokke vir die loopplank maak. Die Amerikaanse geselsprogram ikoon, Oprah Winfrey, was al een van sy kliënte. 

LEES OOK: Casper en kie is terug ná ‘n dekade op kykNET

Die ander beoordelaar, Leon Kluge, is ’n internasionaal erkende landskap-argitek wat verskeie pryse regoor die wêreld gewen het waaronder  hy ’n paar keer goud vir sy tuine by die Chelsea Blommeskou verwerf.

die groenste vingers
Verskaf.

'Die Groenste Vingers' begin Donderdag 22 April om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Show's Stories