Angelique Gerber oor liefdadigheid en "ma-wees"

Angelique Gerber oor liefdadigheid en "ma-wees"

Aktrise en nou realiteit ster Angelique Gerber is 'n besige mamma maar sy maak graag tyd vir liefdadigheid.

Angelique Gerber deel raad oor ma-wees
MornéJK

Angelique, wat onlangs ma geword het en haar ondervindings met kykers op die kanaal VIA deel, meen sy help om winter so bietjie warmer te maak. 

 

Sy het ook verklap dat, alhoewel sy onlangs 'n "vegan" geword het, haar rugby-man Jacques Potgieter nog smul aan 'n stuk steak.

 

"Ek gaan glad nie my seuntjie dwing om vleis op te gee nie. Daai besluit moet hy maar self eendag maak," vertel sy.

 

Angelique het ook onlangs baie kritiek ontvang omdat sy haar huis vir die kameras oopgemaak het maar meen as sy net een mamma kan help met haar realiteitsreeks, Angelique en Jr, dan is sy tevrede.

Vuurwarm vir Charity

"Ag weet jy, daar sal altyd boelies wees maar ek steur my nie daaraan nie. Ek wil mammas, wat dieselfde deurgaan as ek, help met die regte tools," lag sy.

 

Angelique is ook nou betrokke by die Vuurwarm vir Charity se kombers-projek saam met Ivan Botha en Donna-Lee Robberts.

 

Angelique deel 5 wenke vir nuwe mammas:

Show's Stories