Brendan Peyper die toekoms vir Afrikaanse musiek?
Updated | By MornéJK jk
Brendan Peyper het groot opspraak gemaak met sy musiek video vir Stop, Wag, Bly Nog 'n Bietjie - maar is hy die nuwe hartebreker in die Afrikaanse musiek bedryf?
Aanvanklik het Brendan baie kritiek gekry op veral sosiale media met sommige musiek liefhebbers wat uitgevaar het teen die spiertier.
Brendan het kaal bo-lyf verskyn in sy heel eerste musiek video en sedertdien het al wat 'n media huis is hom gevra om sy spiere te wys. Maar sommiges vra steeds of dié jong man van Bloemfontein net 'n mooi gesiggie is?
Die antwoord is nee!
Musiekbedryf, passop! @BrendanPeyper is hier! Welgedaan xx @SelectMusiek pic.twitter.com/lsQRGbd6Vz
— MornéJK ♛ (@MorneJK) July 18, 2015
Brendan het die afgelope naweek verskeie kritici aan hul woorde laat stuk toe hy die verhoog by die bekende Firken Pub in Centurion met 'n slag getref het.
Hy het alles van Taylor Swift tot Billy Ray Cyrus se treffers een na die ander gesing terwyl groot koppe in die Afrikaanse musiekbedryf toegekyk het - met hul monde wat oophang.
Peyper is nie net 'n mooi gisiggie met 'n mooi lyf nie, maar hy kan self kitaar en bekfluitjie speel, skryf sy eie musiek en sing alles van pop, country tot rock.
Afrikaanse sanger, Dewald Wasserfall het hom na die vertoning geluk gewens en hom alles van die beste toegewens vir sy loopbaan.
Brendan se debuut album sal later vanjaar op die rak verskyn, maar vir nou kan almal toekyk hoe hy kritici se harte, een vir een wen.
Is @BrendanPeyper die toekoms van Afrikaanse musiek ? Ek glo so ! @AfrIsGroot pic.twitter.com/FhSLKEt7MJ
— DewaldWasserfall (@DewaldWasserfal) July 18, 2015
Show's Stories
-
Win R25,000 with Hi-Lo on The Drive with Rob and Roz
Play along on The Drive with Rob & Roz from 16:00-19:00 and you can st…
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago -
Parent–child estrangement: A guide to healing
Relationships with our parents and children are not always perfect.
Elana Afrika-Bredenkamp 14 hours ago