Is Clara oppad terug 7de Laan toe?
Updated | By MornéJK
Onthou jy nog die Roemeense karakter met haar snaakse aksent wat almal se harte so n paar jaar terug gesteel het?
Wel, Angelique Gerber, wat bekendheid verwerf het vir haar rol as Clara in 7de Laan, sê haar karakter maak nie 'n terugkoms nie.
Angelique het Dinsdag 'n foto van haar nuwe haarstyl op sosiale media gedeel waarna baie mense haar met haar eerstydse karakter vergelyk het, maar Ange meen Clara kom nie terug laan toe nie.
"Ek het juis vir my ma gesê ek lyk weer nes Clara, maar nee sy maak nie 'n comeback nie. Ek was lus vir 'n nuwe haarstyl vir die nuwe reeks Dans In Jou Taal wat ons binnekort begin skiet," het Angelique aan MornéJK vertel.
Sy sê die nuwe talent-soek-reeks, Dans In Jou Taal handel oor verskeie dansgoepe wat inskryf en hulle talent aan Suid-Afrika ten toonstel.
"Ek is nie oppad terug 7de Laan toe nie, al lyk ek weer soos Clara. Dis maar net tyd vir 'n nuwe voorkoms," meen sy.
Wat dink jy van Angelique se nuwe voorkoms?
Show's Stories
-
Two popular South African fast food brands launch internationally
The famous fast food chains are no longer just local.
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
Win R25,000 with Hi-Lo on The Drive with Rob and Roz
Play along on The Drive with Rob & Roz from 16:00-19:00 and you can st…
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago