"Ek wil begin werk skep" - Simoné groet 'Binnelanders', maak reg vir nuwe hoofstuk

"Ek wil begin werk skep" - Simoné groet 'Binnelanders', maak reg vir nuwe hoofstuk

Simoné Pretorius het op Dinsdagaand die gewilde kykNET-sepie 'Binnelanders' gegroet. Sy verklap meer oor wat nog voorlê.

Simoné Pretorius & Andries Pretorius
Instagram/ Simoné en haar man Andries Pretorius

Op Dinsdagaand, 8 Julie, het duisende 'Binnelanders'-aanhangers 'n knop in die keel gekry toe die gewilde en geliefde Simoné Pretorius die sepie verlaat het. Sy het die rol van verpleegster, René Spies gespeel.

LEES: 'Boer Soek 'n Vrou' gaan voort met produksie

Pretorius het saam Jacaranda FM se Dean Paulse gesels oor die emosionele oomblik toe sy self na die episode op die kassie gekyk het saam haar man, Andries Pretorius. Sy verklap ook meer vir wat nog voorlê vir haar. 

"Elke karakter wat jy vertolk, raak deel van jou en daar is altyd bietjie van jou in 'n karakter." Volgens Pretorius, is daar ooreenkomste tussen haar en haar karakter, René.

"Daar is definitief 'n bietjie impulsiviteit tussen die twee van ons. Sy kan ook nie iets wegsteek nie - sy is eerlik - en daar is ons ook dieselfde."

Met elke karakter wat Pretorius vertolk - is daar iets wat sy leer.

"René het my geleer om compassion te hê teenoor ander mense. Dit het my ook geleer om nie mense te oordeel nie." Volgens Pretorius het sy hartseer geraak as mense René veroordeel het oor haar verlede. 

"Wat ek die meeste gaan mis van 'Binnelanders' is die mense. Dit was só lekker - ek mis ook om elke dag 'n teks in my hand vas te hou."

"Daar is geen manual nie"

In Mei het Pretorius besluit om haar verjaarsdag saam met haar aanhangers aanlyn te vier. Haar eerste aanlyn praatjie was ‘n eksklusiewe partytjie waar sy 30 dinge deel wat sy voor 30 geleer het. Nou is Pretorius terug met 'n splinternuwe aanlyn gesprek, 'Break-Ups, Date-Ups, and everything in between' saam met haar man, Andries, hierdie Sondag, 12 Julie. 

"Die Sondag gesels ons oor verhoudings, en ook ons verhouding. Verhoudings kan morsig en confusing wees, want daar is geen manual nie." 

Die aanlyn gesprek gee hulle en ander die geleentheid om meer te leer oor verhoudings. 

View this post on Instagram

Our dating-story was messy. I wanted to get married after 5 months and Andries was afraid of marriage after his parents’ divorce. We started dating end of 2014. We broke up twice. We eventually navigated the rough waters of dating through a lot of wisdom, input, accountability, counsel and prayer and we’ve been joyfully married for more than a year. But, we know, #itscomplicated! We might not be experts in marriage, but we love Love and the mystery it involves, especially when it comes to those super grey and confusing areas in dating. Join us for “Break-Ups, Date-Ups, and everything in between” - an evening of answering all your relationship questions! Sunday 12 July @ 19:00. R67 p/ticket. LINK IN BIO 💕 Video and footage and everything else that make us look way cooler than we actually are by @disreece_ . Song credits: Taylor Swift. Partner fo lyfe: @andriespretorius_

A post shared by Simoné Pretorius (@simonenortmann) on

Pretorius het ook genoem dat sy graag wil begin vervaardig en haar eie werk skep. 

"Ek is op 'n plek in my lewe, waar ek wil begin werk skep in plaas daarvan om te wag vir werk. As akteur, raak mens soms so gemaklik met wat mens doen." Volgens Pretorius, is vervaardiging 'n heel ander area in die bedryf wat sy wil leer ken. 

"Dit is 'n nuwe hoofstuk van my lewe wat ek begin, maar dit is baie scary, maar ek sien uit."

*KOOP jou kaartjie HIER vir 'Break-Ups, Date-Ups, and everything in between' met Simoné en Andries Pretorius. 

Show's Stories