Fiëstas 2017: En die wenners is...

Fiëstas 2017: En die wenners is...

Die wenners van vanjaar se Fiëstas is Donderdagaand by 'n glansgeleentheid by die Kunstekaapteater in Kaapstad bekend gemaak. 

Fiestas wenner Innibos
Fiestas

Vanjaar is die sewende jaar wat die Fiëstas aangebied word. Dié toekennings vereer die beste van die beste op die grootste kunstefeeste in Suid-Afrika. 


Vanjaar se wenners is:


Beste opkomende kunstenaar:  Faith Kinniar - Valencia - KKNK


Beste teaterontwerp:  Francois Toerien & Kosie Smit - Heidi - KKNK


Lewensbydrae tot musiek:  Acáma Fick


Beste vroulike byspeler:  Nicole Holm - In Ongenade - Woordfees


Beste manlike byspeler:  Dawid Minnaar - Die Huis van Bernarda Alba - KKNK


Beste prestasie in 'n solo-vertonining:  Richard September - Rooivalk - Woordfees


Lewensbydrae tot musikale teater:  Alvon Collison


Beste musiekgedrewe produksie (arena):  Charl du Plessis - Big Band Boogie Woogie - KKNK


Beste musiekgedrewe produksie (podium):  Hunkering na die ses - SOF


Beste musiekgedrewe produksie (teater):  Heidi - KKNK


Lewensbydrae as kunste-filantroop:  Ton Vosloo


Beste prestasie in klassieke musiek:  Corelli & Co. - Stefan Temmigh & Erik Dippenaar - Woordfees


Beste prestasie in visuele kuns:  Alex Hamilton - Kurator van visuele kunsprogram - Woordfees


Beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie:  Nico Scheepers - Rooivalk - Woordfees


Beste regie:  Marthinus Basson - Die Gangsters - Woordfees


Beste aktrise:  Ilse Klink - Kristalvlakte - SOF


Beste akteur:  Stefan Erasmus - As - Woordfees


Gewildste fees:  Innibos


Beste aanbieding:  Rooivalk - Woordfees

Show's Stories