Gesoute aktrise Lee-Ann van Rooi binnekort in 'Suidooster'

Gesoute aktrise Lee-Ann van Rooi binnekort in 'Suidooster'

'Suidooster'-aanhangers kan binnekort ’n opwinende nuwe storielyn verwag wanneer Lee-Ann van Rooi haar sepie-debuut op kykNET maak. 

Lee-Ann van Rooi
Suidooster/ Lee-Ann van Rooi

Lee-Ann van Rooi is opgewonde oor haar eerste sepierol. 

Dié aktrise is reeds ’n bekende gesig in talle kykNET reekse, en was al onder meer in 'Die Boekklub', 'Die Byl', 'Spreeus' en al drie seisoene van 'Sara se Geheim' te sien. 

LEES OOK: "Ek wil begin werk skep" - Simoné groet 'Binnelanders', maak reg vir nuwe hoofstuk

“Dis vir my wonderlik om weer saam met ou vriende in ’n produksie te wees. Ek het al teenoor Cedwyn Joel, Denise Newman, Simone Biscombe, Marlo Minnaar, Marcel van Heerden, Monique Rockman en Dean Smith in ander produksies, van verhoogstukke tot radiodramas, gespeel en nou kry ek die kans om saam met hulle in 'Suidooster' te wees.” 

Lee-Ann van Rooi
Suidooster/ Lee-Ann van Rooi

Volgens Lee-Ann, is dit vir haar as Kapenaar baie spesiaal om deel van 'Suidooster' se storievertelling te word.

“Die stories, die intrige en drama het immers ’n eg Kaapse geur. My familie is mal oor 'Suidooster' – veral my ma!” sê sy.

Kuier saam die 'Suidooster'-akteurs

Die sepie beplan ook om weer op Vrydag 17 Julie deur middel van ’n virtuele aktivering met hul aanhangers op te vang.

“Gewoonlik besoek ons so een ker per maand ’n winkelsentrum sodat die aanhangers die sterre van 'Suidooster' kan ontmoet, maar uiteraard is dit weens die nasionale inperking nie tans moontlik nie,” sê Wilmer Muller, publisiteit vir 'Suidooster.'

LEES OOK: Quanita Adams praat oor komplekse 'Arendsvlei'-karakter, ma-wees

“Ons het al twee sulke virtuele kuiers gehou en beide kere is dit deur sowat 100 000 mense gekyk – en dis natuurlik heeltemal gratis. Die voordeel is ook dat ons só almal dwarsoor die land kan bereik, want ons kry altyd versoeke van wanneer kom die 'Suidooster' deur ’n spesifieke dorp of land waai.

Show's Stories