Jacaranda FM by Innibos 2026

Jacaranda FM by Innibos 2026

Was jy in by Innibos 2026? Jacaranda FM was.

INNIBOS 2026 FOTO
Facebook/ Innibos

Die Toyota Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees 2026 het hierdie naweek weer duisende mense van regoor Suid-Afrika bymekaar gebring.

Vanaf 2 tot 5 Julie het mense van talle ouderdomme, tale, kleure en agtergronde die beste van die Suid-Afrikaanse kunste gevier.

Deur musiek, teater, boeke, kuns, rugby, kuier, kos en inkopies het Innibos ‘n feesparadys geskep waar mense kon saamkom vir ‘n lekker kuier.

Jacaranda FM was natuurlik weereens by die Laeveld Nasionale Kunstefees om deel te wees van die vieringe.

Jou gunstelingaanbieders was ook deur die loop van die fees te sien.

Daar was natuurlik ook die Jacaranda FM-konsert op Vrydag 3 Julie, waar van die land se topkunstenaars, soos Bobby van Jaarsveld, Fokofpolisiekar, Juanita du Plessis, Riaan Benadé, Spoegwolf en Zaan Sonnekus, die feesgees aan die gang gehou het.

Kyk hier vir al die Jacaranda FM-hoogtepunte by Innibos 2026:

Jacaranda FM-konsert

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories