KWV bevestig uitvoerende hoof bedank
Updated | By Dean Paulse
KWV het Donderdag aan Jacaranda FM bevestig dat Boyce Lloyd, uitvoerende hoof van KWV, vroeër uit sy pos sal bedank.
KWV het Donderdag aan Jacaranda FM bevestig dat Boyce Lloyd, uitvoerende hoof van KWV, vroeër uit sy pos sal bedank.
Lloyd was veronderstel om eers in 2024 uit die pos te tree, maar KWV het in 'n verklaring gesê dit is deel van 'n "noukeurig georkestreerde leierskap-oorgang".
Lloyd word vervang deur John Loomes.
Met die aanvang van 1 Junie, neem John Loomes die leisels oor by Boyce Lloyd as uitvoerende hoof van KWV. Die noukeurig georkestreerde leierskapsoorgang, wat in Julie verlede jaar begin het, verseker 'n soomlose oorhandiging en posisioneer KWV vir volgehoue groei en uitnemendheid.
Boyce Lloyd, uittredende uitvoerende hoof van KWV, het sy vertroue oor Loomes se aanstelling en in sy leierskap uitgespreek.
"John is 'n hoogs gerespekteerde leier wat reeds 'n belangrike rol in KWV se groei gespeel het," sê hy.
"Ek is daarvan oortuig dat KWV onder sy leiding sal floreer en sukses sal behaal. Sy verbintenis tot gehalte, innovasie en uitnemende klantediens sal verseker dat KWV steeds ’n maatskappy is wat verbruikers en klante kan vertrou."
KWV sien uit na 'n blink toekoms met Loomes aan die stuur en is daarvan oortuig dat sy aanstelling as uitvoerende hoof die maatskappy tot nuwe hoogtes sal voer.
Volg ons op sosiale media:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Surprising country where camel racing comes with huge cash prizes
When you think of camels, you associate them with the Middle East and dese…
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago -
Win R25,000 with Hi-Lo on The Drive with Rob and Roz
Play along on The Drive with Rob & Roz from 16:00-19:00 and you can st…
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago