Leandie du Randt oor egskeiding: "Ek dink nie dis iets waaroor ek sal kan kom nie"

Leandie du Randt oor egskeiding: "Ek dink nie dis iets waaroor ek sal kan kom nie"

Leandie du Randt praat openlik oor haar pyn na die egskeiding van haar eksman Bouwer Bosch en die dood van haar ma. 

Leandie du Randt
Leandie du Randt / Facebook.

Leandie du Randt se breë glimlag was al in verskeie flieks en TV-reekse te sien, maar agter die glimlag is 'n vrou wat al telkemale op stormwaters moes vaar.

LEES OOK: ‘Beter maats as huweliksmaats’ - Bouwer en Leandi deel egskeiding-nuus

In 2015, het Leandie du Randt en die musikant en akteur Bouwer Bosch in Potchefstroom getrou. In Maart 2019 het die die glanspaartjie besluit om te skei na vier jaar van getroude lewe. 

Bosch en du Randt het albei die nuus in  ‘n Instagram-inskrywing gedeel.

 ’Hey! Ons het iets om te deel. Na ‘n ongelooflike paar jaar saam het ek en Leandi uit ons liefde vir mekaar besluit dat ons beter maats as huwelikmaats vir mekaar is.' 

'n Paar maande na hul egskeiding het du Randt haar hart oopgemaak in 'n eerlike video vir skoonheidsmaatskappy, Revlon. Die 'Getroud met Rugby'-aktrise het na die egskeiding besef dat sy haarself weer moet herdefinieer. 

"Ek dink nie dis iets waaroor sal kan kom nie. Jy moet jouself herdefinieer - met die ding wat met jou gebeur het. Jy moet wel seker maak dat dit nie jou identiteit word nie," vertel sy in die video.

LEES OOK: Sandra Prinsloo, Nico Panagio en Rolanda Marais eersdaags in nuwe Afrikaanse blitssepie

Du Randt praat ook verder oor die seer van haar ma, Elmarie, se dood in Mei 2014, en hoe hierdie terugslae haar geleer het om beproewinge te oorkom.

Sy het haar ma verloor aan Alzeimersiekte toe sy nog op universiteit was. Haar ma het vir sewe jaar aan die siekte gely. 

“Dit voel asof al die seer waardeur jy in jou lewe is, betekenis het. Want dis so moeilik om deur moeilike dinge in die lewe te gaan as jy dit nie dadelik in die oomblik verstaan nie,” deel 'n tranerige du Randt in die video.

KYK NA DIE VIDEO HIER:

Show's Stories