Lokprent: 'n Paw-paw Vir My Darling
Updated | By MornéJK
'n Paw-Paw Vir My Darling is 'n greep uit die lewe van die Beeslaer-familie van Frik Du Preezstraat in Damnville wat afspeel in 2003.
Die film handel oor hul lief en leed soos dit gesien word deur die oë van hul 'pavement special' hond, Tsjaka wat die hoofkarakter in die storie vertolk.
Die Beeslaers is verteenwoordigend van die blanke Afrikaner wat post-1994 'n eksistensiele verwarring beleef, wat alhoewel goeie voornemens, telkens in 'n slaggat trap in hul pogings om aan te pas by 'n nuwe politieke bestel, ekonomiese uitdagings en sosiale kwessies.
Dit speel onder andere uit in hul verhouding met die tuinwerker Cyril Phosa (Fezile Mpela), die polisieman Sargeant Kennedy Banda (Dambuza Nqumashe) en Minah Naidoo (Roshila Jarosz), die Indiër 'girlfriend' van hul seun Elvis (Hannes Brümmer).
'n Pawpaw Vir My Darling is 'n verhaal van oorlewing in 'n uitsiglose bestaan, van humor en patos, van lief en leed, van vreugde en verlies, van hunkering, hoop en uiteindelike aanvaarding van 'n lewe sonder 'trimmings'.
Die fliek word op 8 Januarie 2016 landwyd deur Ster Kinekor Entertainment uitgereik.
- Presverklaring
Show's Stories
-
Rassie Erasmus to receive SA’s highest award for uniting the country
Rassie Erasmus will be recognised for advancing “social cohesion among Sou…
Breakfast with Martin Bester 2 days, 4 hours ago -
West Rand man’s underwear car prank has SA in stitches
This is next-level pranking…
Breakfast with Martin Bester 2 days, 4 hours ago