LUISTER: Elvis Blue breek Ghoema rekord
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger, Elvis Blue spog met nie minder nie as sewe nominasies vir die Ghoema Afrikaanse musiek-toekennings.

Volgens Elvis Blue se verteenwoordiger, is dit die eerste keer dat 'n kunstenaar 7 Ghoema nominasies in een jaar los slaan.
Die voormalige Idols wenner is in die volgende kategorië genomineer:
- Manlike kunstenaar van die jaar
- Liedjie van die jaar- Die Hemel
- Beste Kontemporere Album van die jaar vir 'n manlike kunstenaar vir die Album Erens in die Middel van Nerens
- 2 Nominasies vir beste musiek video, beide vir Die Hemel asook vir Erens in die Middel van Nerens
- Beste Liedjie Skrywer
- Beste Live DVD tesame met Laurika Rauch vir hulle produksie genaamd Hart en See
Elvis se 2015 album Erens In Die Middel Van Nerens het reeds goue status bereik, met die vierde enkelsnit vanaf die album genaamd Langs Jou wat hierdie week vrygestel is.
So voel Elvis oor hierdie groot eer: "Ek is uit die veld geslaan deur soveel nominasies. Dit was 'n opwindende jaar en album en hierdie is die kersie op 'n baie lekker koek."
LUISTER:
Show's Stories
-
Simoné Pretorius oor nuwe fliek: "Ek was absoluut onervare"
Bekende aktrise, Simoné Pretorius, het 'n CV wat skrik vir niks en nou s...
The Drive with Rob & Roz 30 minutes ago -
Netflix CEO weighs in on Meghan Markle backlash
Viewers have questioned the authenticity and relatableness of her new se...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago