‘n Afrikaanse koors wat jou dié naweek gaan warm hou

‘n Afrikaanse koors wat jou dié naweek gaan warm hou

Suid-Afrikaanse stroom kykers kan uitsien na die terugkeer van die gewilde reeks, “Troukoors”, om hulle dié naweek warm onder die komberse te hou.

troukoors
dstv.com

"Troukoors" se tweede seisoen is terug op Showmax en die nuwe episodes beloof om die liefde in al sy glorie uit te beeld.

Daar is hoop vir dié wat soek, afwagting vir dié wat hoop en 'n sprinkeling van betowering vir almal tussen in. 

Hierdie is een van Showmax se top drie plaaslike reekse, naas "Seks in Afrikaans" en "Devilsdorp". 

Gerda de Sousa praat met TV Plus redakteur, Lucia Poolman, oor die mannewales van die drie jong vroue wat ly aan 'n erge geval van die liefdeskoors in dié week se podgooi van Streaming Now! 

Daar is ook ‘n koors van ‘n ander aard, met seisoen 5 van “Living the Dream with Somizi” wat sosiale media reeds aan die praat het …… 

The Real Housewives of Durban
https://twitter.com/PhilMphela/status/1346101375898431488/photo/1

Steeds op die plaaslike front, kom die vroue van die “Real Housewives of Durban” weer bymekaar vir een laaste keer vir ‘n reunie op Showmax. 

Hierdie keer is dit nie ‘n gerug stekery nie, maar eerder ‘n sit-en-saam-praat sessie oor als wat hulle deur gemaak het – wie het wat vir wie durf sê en wie was in die privaat straler. 

Hierdie groep vroue het hulle kykers elke week aan hulle goed gepoleerde voete gehad en daar’s geen twyfel dat hulle afskeid ook iets gaan wees om te onthou nie. 

the pentaverate
netflix.com

Bekende akteur en komedian, Mike Myers, is weer terug in ‘n nuwe reeks genaamd “The Pentaverate” op Netflix. 

In tipiese Myers styl, is dit ‘n komiese verhaal wat dié keer handel oor vyf mans wat aan bewind is van ‘n geheime organisasie en wat wêreld gebeure probeer beïnvloed. 

Myers homself speel ses van dié karakters en sy aanhangers kan uitsien na ‘n humor wat net hy kan oplewer.

blankety blank
dstv.com

En ‘n nuwe speletjies program vir die hele gesin. 

Op Britbox, begin die nuwe reeks van die ou TV reeks, “Blankety Blank”. 

As jy reken jy is goed daarmee om te kan raai wat ander mense dink of as jy daarvan hou om ander se sinne vir hulle te voltooi, dan is hierdie een net vir jou. 

Ses vermaaklikheid sterre moet probeer om te raai wat twee lede van die gehoor dink en hoe hulle ‘n sin sal klaarmaak wanneer hulle ‘n “blankety blank” kry om enige word in te sit.

Bly in kontak met Gerda by jacarandafm.com. 

Show's Stories