'Queer in Afrikaans' verken humor, lesbiërstereotipes en selfaanvaarding
Updated | By JacPod & Queer in Afrikaans
Het jy al ooit gewonder oor lesbiërstereotipes, Doc Martens, en komedie in Suid-Afrika? In die loodsepisode van 'Queer in Afrikaans' raak ons diep, queer, en fabulous!
Wanneer 'n skerp-tong fopdosser en 'n loslip komediant mekaar ontmoet, spat die vonke.
In die loodsepisode van Queer in Afrikaans, JacPod se splinternuwe potgooi, klop die gewilde fopdosser Regina Blaque
https://www.instagram.com/JaxxJustice/
aan by komediant Jaxx Justicehttps://www.instagram.com/JaxxJustice/
, om openlik en eerlik te gesels oor wat dit werklik beteken om ‘queer’ in Afrikaans te wees.Jaxx deel, onder andere, al haar ongemaklike verhoogoomblikke en maak ook hart oop oor selfaanvaarding en oor hoekom vriendelikheid ‘n hoeksteen van ons mens-wees is.
Luister of kyk na die volledige potgooi hieronder:
Meer oor Queer in Afrikaans:
'Queer in Afrikaans' is 'n kleurvolle potgooi wat jou nooi na eerlike gesprekke met Afrikaanse sterre wie jy reeds ken en liefhet. Met die gewilde drag queen Regina Blaque aan die stuur, sien jy hierdie keer die bekendes in 'n heel nuwe lig: eerlik, snaaks en diep menslik.
Dit is trots Suid-Afrikaans en meer as net nog ’n potgooi: dit is ’n viering van gemeenskap.
Queer in Afrikaans is ’n JacPod Original-beperkte reeks, spesiaal vir plaaslike Pride-maand.
Meer oor Jaxx Justice:
Jaxx Justice, die trotse queer Suid-Afrikaanse komediant en skrywer, is 'n dapper stem op die verhoog. Sy het haarself gevestig as “The Fearless Comic” danksy haar skerp humor, satiriese blik en eerlike lewensuitkyk wat geen onderwerp vermy nie. Jaxx het al opgetree by top-feeste soos Rocking the Daisies en die Baxter-teater, en het die verhoog gedeel met plaaslike legendes soos Barry Hilton en Marc Lottering. Lees meer: jaxxjustice.co.za
Meer oor Regina Blaque:
Regina Blaque is al vanaf 2019 'n bekende fopdosser én MC in Johannesburg se sosiale kringe. Sy word gekenmerk deur haar groot hare en groter hart – trots queer én trots Afrikaans.
Regina het die afgelope paar jaar die verhoog gedeel met verskeie internasionale fopdossers van 'RuPaul’s Drag Race', maar haar grootste passie lê nader aan die huis: om haar platform en persoonlikheid te gebruik om aanvaarding te bevorder.
Luister na die vorige episodes:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Most acclaimed thriller writer says Netflix hit has 'best line of the year'
Getting the King of Horror's stamp of approval is not easy...
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago -
Temu makes major changes to South African VAT and import charges
The e-commerce site has experienced some setbacks in 2026, and these cha...
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago