Ses jaar van liefde: KOER vier mylpaal met duisende suksesstories
Updated | By Jacaranda FM
Akteur en entrepreneur Armand Aucamp het in 2020 Suid-Afrika se eerste Afrikaanse maatsoek-app bekendgestel. En hy vier dié mylpaal met 'n groot kompetisie!
KOER is 'n Afrikaanse toep vir eensames - 'n plek waar mense, vriende, penmaats, pasmaats, geselsmaats en alles tussenin kan ontmoet.
Die idee vir KOER het egter reeds in 2019 vlerke gekry.
Aucamp het 'n paar vriende nader gehak en saam met hulle aan 'n briljante projek begin werk: 'n liefdestoep in Afrikaans.
Die storie begin een aand om 'n braaivleisvuur, waar Armand en sy vriende aan die gesels geraak het. Een van sy vriendinne het gesug en gevra: "Hoe moeilik kan dit nou wees om net 'n doodgewone, ordentlike Afrikaanse pasmaat te kry?"
Dit was die begin van 'n idee wat uiteindelik in 2020 vlerke gekry het.
KOER bied lede 'n platform om potensiële Afrikaanse vriende, penmaats, pasmaats, geselsmaats en alles tussenin te vind - en dit regoor die wêreld.
Die toep is tans gratis op die App Store en Google Play beskikbaar.
In 2021 het Armand Aucamp met Jacaranda FM oor die opwindende projek gesels.
"KOER is 'n opregte platform waar mense op soek is na ware liefde. Die platform help ook mense regoor die wêreld om met mekaar te kommunikeer en te connect. Mense het 'n behoefte aan geselskap."
Suksesstories na ses jaar
Ses jaar later is die toep steeds sterk aan die gang en het dit al duisende mense bymekaar gebring.
Muriel & Jessica
Van skepties oor toeps tot gelukkig getroud.
"Dis asof ons in mekaar iets wakker gemaak het wat ons gedink het ons jare terug al verloor het." - Muriel
Magdel & Armand
Twee weke se KOER-klets het in ’n liefdesprokie verander.
"Ons is nou ses maande bymekaar en sien uit na die volgende sestig jaar." - Magdel
Angie & Charles
'n 60 km-afstand, liefde met die eerste oogopslag en uiteindelik die kansel.
"Ons is so gelukkig en smoorverlief." - Angie
Yolandie & Simson
Sy het amper opgegee op die Koerwoud; hy het 800 km gery om haar hart te wen.
"Ek het nooit gedroom dat 'n aanlyn-geselsie my ridder na my toe sou bring nie." - Yolandie
Megan & Christiaan
Twee mense wat albei gedink het hulle is klaar met liefde.
"Ons het besef dat ons vir mekaar moes wag in die lewe." - Megan
Frans & Alisha
Pretoria en Phalaborwa kon nie keer dat ’n eenvoudige KOER-boodskap groei nie.
"Daar was onmiddellik 'n onsigbare band – wat met elke gesprek net dieper geraak het." - Frans
Dawie & Marinique
Hy was in Amerika en het verlang na Suid-Afrika – én na liefde in sy eie taal.
"Ek was op soek na ware liefde in Afrikaans toe ek haar op die app ontmoet." - Dawie
KOER verjaar!
En om hul sesde verjaarsdag te vier, het die KOER-span 'n kompetisie geloods.
Trek jou partytjieskoene aan, kam die kuif en maak 'n bietjie plek in die Koerwoud - KOER word 6!
Dis ses jaar van KOER, kies en keur. Ses jaar van eerste briefies, laatnagkletse, hartediewe, hartsvriende en duisende KoerKyse. En ná ses jaar is daar ook honderde "Van KOER tot Kansel"-stories om te vier.
En op 'n sesde verjaarsdag vra mos vir 'n behoorlike makietie.
Daarom gee KOER van 7 September tot 8 Oktober 2026 'n allemintige R50 000 se pryse weg.
Daar is ’n R30 000-kontant-hoofprys, vier R2 500-kontantpryse én R10 000 se KOER-subskripsies op die spel.
Enkellopend of nie - ALMAL kan inskryf!
Gaan na: www.wen.koer.co.za, skryf vir die kompetisie in, bevestig jou e-posadres en kry jou eie unieke skakel om met jou mense te deel. Elke nuwe persoon wat deur jóú skakel inskryf en hul inskrywing bevestig, sit nog ’n kans in jou sak.
Skep hulle sommer ook 'n KOER-profiel? Dan kry jy nóg 'n kans - en hulle kry een ook.
Klaar op KOER? Skryf in en bevestig jou inskrywing met jou selfoonnommer, en jy't sommer reeds een kans!
Hoe meer jy deel, hoe groter is jou kans.
B's & V's geld.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
This car could let you swear at people in traffic
It's a dream come true…
Breakfast with Martin Bester 11 hours ago -
LISTEN: Grammy-nominated band announce first South African tour
Kaleo began as a small local Icelandic band and has grown into a worldwide…
The Drive with Rob & Roz 1 day, 1 hour ago