Toks van der Linde groet gewilde 'Toks & Tjops'-program

Toks van der Linde groet gewilde 'Toks & Tjops'-program

Voormalige Springbok Toks van der Linde sê die nuwe veranderinge op die program het hom laat besluit om finaal te groet. 

Toks & Tjops kykNET
Facebook/ Toks & Tjops

Volgens die ikoniese rugbylegende, Toks van der Linde, gaan die gewilde kykNET-program, 'Toks & Tjops', "radikaal" verander. 

"Ek wil nie hê kinders in hul pajamas op hul pa's se skote moet my Vrydagaande op 'Toks & Tjops' in 'n kroeg met 'n pool-tafel sien nie. Dis hoe die nuwe 'Toks & Tjops' gaan lyk. Watter beeld saai dit uit?" het hy aan Rapport se Hanlie Retief genoem. 

Volgens Van der Linde, gaan die aanbieders roteer. Dit beteken dat hy een keer 'n maand op die program sou verskyn. 

Hy het diep oor alles gaan dink, maar het besluit om finaal te groet. 

Toks van der Linde belowe dat groot goed nog voor lê.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories