'Tussen Ons' word daaglikse geselsprogram
Updated | By Persverklaring
Die gewilde Afrikaanse geselsprogram, 'Tussen Ons', spog binnekort met méér episodes per week, ’n nuwe
tydsgleuf en ’n vars aanslag. Dit sal van 5 Oktober van Maandae tot Donderdae om 17:30 op kykNET & kie
uitgesaai word, in plaas van Donderdae om 20:00.
'Tussen Ons', wat sedert Julie 2018 uitgesaai word, se huidige aanbieders, Tracey Lange, Kay Karriem, Success Lekabe, Zelda la Grange en Ingrid Jones, sal nou twee keer per week, op Maandae en Woensdae, saam in kykers se sitkamers kuier en oor hedendaagse en nuuswaardige onderwerpe gesels.
Op Dinsdae skuif dr. Darren Green, wie reeds gereeld as ’n mediese kenner op 'Tussen Ons' verskyn, voor die kameras in om oor mediese nuus, siektes en allerande kwale te gesels. 'Die Bravo!'-aanbieder en fiksheidsguru, Ewan Strydom, sal ook een keer per maand by Darren aansluit om sy fiksheidswenke te deel, terwyl die koskenner, Heleen Meyer, ook maandeliks vir kykers gaan wys hoe om gesonder te eet.
Die Donderdag-episode gaan bekend staan as 'Tussen Ons' #TBT en sal deur Tracey op haar eie aangebied word.
In dié episode raak Tracey nie net nostalgies met haar gaste nie, maar gaan sy ook onder meer leefstylwenke deel en met kykNET & kie se sepiesterre van 'Suidooster' en 'Arendsvlei' gesels oor dié sepies se stories wat die tonge los het. Vir die Donderdag-episode gaan daar ook musiek in die ateljee gemaak word.
Show's Stories
-
LISTEN: Actress Sophie Joans talks about her award-winning play
Two extraordinary stage talents, Sophie Joans and Rob van Vuuren, have t...
The Drive with Rob & Roz 21 hours ago -
LISTEN: The best road trip tips ahead of the Easter weekend
From traffic to packing, Rob Forbes and Rozanne McKenzie are sharing tip...
The Drive with Rob & Roz 1 day ago