VIDEO: Joe Foster en sy Ziech se pragtroue
Updated | By Jacaranda FM
Joe Foster en Ziechfried Paul het hul groot dag met familie en vriende gevier tydens 'n sprokiesmooi onthaal by Foresters-trouvenue.
In Desember 2018 het die gewilde plaaslike sanger, Joe Foster die grootvraag aan sy Ziechfried Paul gevra.
LEES OOK: EKSKLUSIEF: Joe Foster verklap meer oor troue en nuwe musiek
Na sowat 12 maande se beplanning het Joe en Ziechfried amptelik die knoop deurgehaak. Die spogtroue het by Foresters-trouvenue in Pretoria plaasgevind en van die 100 gaste by die troue sluit sanger, André Schwartz en mode-ontwerper Diaan Daniels in.
Die bruidspaar se ringe (albei ontwerp deur Diaz Jewellers) het onbetwyfel hul gaste se aandag gevang: ’n 9-karaat- geoksideerde geelgoudring vir Joe en ’n 9-karaat-witgoudring vir Ziechfried.
"Die beste dag van my lewe! Ek is nou getroud aan hierdie ongelooflike man, vriend en companion," skryf Joe op sy Facebook-blad 'n week na die spesiale dag.
"Ek is net skoon gelukkig vandag eks skoon uitgeput van die geluk. Alles was sprokiesmooi te danke aan Johan Ungerer en al ons amazing wedding partners. Elke gas was daar omdat hulle in ons harte 'n sagte plek het en hulle het die dag extra special gemaak."
KYK DIE JOE EN ZIECHFRIED SE TROUVIDEO HIERONDER:
Show's Stories
-
UK's Glastonbury festival tickets sell out in 45 minutes
Tickets for next year’s Glastonbury music festival in the UK sold out in 4…
Breakfast with Martin Bester 15 hours ago -
Learner stuns with helicopter arrival at matric farewell
How did you arrive at your matric farewell?
Breakfast with Martin Bester 16 hours ago