Vier Pride-maand met dié nuwe potgooi 'Queer in Afrikaans'

Vier Pride-maand met dié nuwe potgooi 'Queer in Afrikaans'

Hierdie Pride-maand stel JacPod 'n splinternuwe oorspronklike potgooi bekend, 'Queer in Afrikaans'.

Regina Blaque on the cover of Queer in Afrikaans
JacPod

Hierdie unieke reeks, aangebied deur die flamboyante fopdosser (drag queen) Regina Blaque, bring eerlike, kleurvolle en dikwels snaakse gesprekke met van Suid-Afrika se bekendste Afrikaanse persoonlikhede. 

Jy kry die kans om díe bekendes in 'n heel nuwe lig te leer ken, nie net deur hul loopbane en projekte nie, maar ook deur hul persoonlike stories van identiteit, gemeenskap en menswees.

Afrikaanse bekendes uit die wêreld van musiek, sport, televisie en komedie kom maak hul harte oop teenoor Regina Blaque.

Met episodes van sowat 30 minute elk, skep Queer in Afrikaans 'n veilige, inklusiewe en vermaaklike ruimte. Dis regte, eerlike geselsies wat voel soos om saam met vriende by die kombuistafel te sit. 

Die reeks skop op 2 Oktober af, net betyds vir Pride-maand, en dis alles behalwe net nog ’n potgooi. Dis 'n viering van gemeenskap en 'n herinnering dat Afrikaans 'n taal is waarin alle stories vertel kan word. 

Skakel in by Queer in Afrikaans elke Donderdag tydens Pride-maand net hier op JacPod of besoek die kanale hieronder:

Regina Blaque image for About
Supplied

Meer oor Regina Blaque:

Regina Blaque is al vanaf 2019 'n bekende fopdosser én MC in Johannesburg se sosiale kringe. Sy word gekenmerk deur haar groot hare en groter hart – trots queer én trots Afrikaans.

Regina het die afgelope paar jaar die verhoog gedeel met verskeie internasionale fopdossers van 'RuPaul’s Drag Race', maar haar grootste passie lê nader aan die huis: om haar platform en persoonlikheid te gebruik om aanvaarding te bevorder.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories