Bok van Blerk: My taal is my erfenis

Bok van Blerk: My taal is my erfenis

September maand is erfenis maand in Suid-Afrika en sanger, Bok van Blerk meen Afrikaans en braaivleis is deel van sy erfenis. 

Bok van Blerk
MornéJK

MornéJK het met Bok gesels oor wat erfenis vir hom beteken en hoe hy sy erfenis oordra, bewaar en vandeesmaand gaan vier.


Wat betekend erfenis vir jou?


My musiek praat nogal met die mense en dit was van die begin af vir my belangrik om 'n boodskap oor te dra met my lirieke. Ek is trots op my taal, my kultuur en dit gaan vir my meestal oor my taal. Baie mense het 'n politieke aanslag maar dt gaan nie vir my so seer oor die politiek nie. Ek is nie geleerd in politiek nie en dus kan ek nie 'n politieke ondertoon in my musiek hê nie. My musiek is bloot daar om my kultuur, my taal en waarvandaan ek kom te bewaar.


Hoekom is dit belangrik om die Afrikaanse kultuur te bewaar?


Ek dink dit is belangrik om trots te wees op wie en wat jy is. Vir jou selfbeeld is dit ook goed om te weet waarvandaan jy kom en wie en wat jy is. Toe ons groot geword het was Afrikaans nie "cool" gewees nie en ek dink om jou taal en jou kultuur sterk te hou en trots te wees daarop is belangrik.

Hoe vier jy Erfenisdag?


Vir meeste is dit mos maar braaidag en ek is mal oor 'n braai. Ek hou van Suid-Afrika en ek dink 'n braai is baie eg aan Suid-Afrika. Suid-Afrikaners love 'n braai so ek braai maar op erfenisdag. Ek maak seker daar is 'n vuurtjie aan en 'n stukkie vleis.


Watse liedjie pas vir jou die beste by Erfenisdag?


Baie mense sal sê Afrikaner Hart maar ek dink Steek Die Vure Aan is beter gepas by Erfenisdag.


Wat is jou raad vir Suid-Afrikaners gedurende erfenis maand?


Ek dink dit is belangrik om trots te wees op jou kultuur en wie of wat jy is en jy moet ook respek hê vir ander mense en hul kulture en tale - dan sal hulle respek hê vir joune.


Show's Stories