‘Jy is nie ‘n perd nie’ - Amerika slaan hakke in oor gebruik van ivermektien vir Covid

‘Jy is nie ‘n perd nie’ - Amerika slaan hakke in oor gebruik van ivermektien vir Covid

Die Amerikaanse Voedsel en Medisyne Reguleerder (FDA) het Amerikaners aangeraai teen die gebruik van ivermektien in die behandeling van Covid-19.

Ivermectin
Supplied

Die FDA het nie ivermektien die groenlig gegee in die behandeling of voorkoming van die virus nie.


 


Amerikaners kan wel ivermektien tablette gebruik vir sommige parasitiese wurms en sekere veltoestande.


 


“Die neem van groot dosisse van hierdie middel is gevaarlik en kan ernstige skade veroorsaak,” lui ‘n persverklaring op die FDA se webtuiste.


[LISTEN] Health expert denies Covid vaccine causes erectile dysfunction, infertility

 


Die waarskuwing het onder andere die volgende ingesluit: “Gebruik nooit medisyne wat vir diere bedoel is nie.”


 


Die FDA sê verskeie verslae is ontvang oor pasiënte wat mediese behandeling benodig het nadat hulle in hospitale opgeneem is nadat hulle die doepa – wat vir diere soos perde bedoel word – self toegepas het.


 


“Eerstens is dieremiddels dikwels baie gekonsentreerd omdat dit gebruik word vir groot diere soos perde en koeie, wat baie meer as ons weeg - 'n ton of meer. Sulke hoë dosisse kan baie giftig wees by mense.”


 


Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad, SAHPRA, sê daar is steeds geen bewyse dat die anti-parasiet-middel doeltreffend is vir die voorkoming en behandeling van Covid-19 nie.

Show's Stories